Lukas 9:22 Die Seun van die mens moet baie ly, deur die familiehoofde, priesterhoofde en skrifgeleerdes verwerp word, en Hy moet doodgemaak word, en op die derde dag opgewek word.
Lukas 9:43-45 Almal was verslae oor die grootheid van God. Terwyl almal verbaas was oor alles wat Jesus gedoen het, sê Hy vir sy dissipels: "Wat julle betref, hou hierdie woorde goed in gedagte: Die Seun van die mens gaan in die hande van mense oorgelewer word." Maar hulle het hierdie uitspraak nie verstaan nie. Die betekenis was vir hulle bedek sodat hulle nie kon begryp nie, maar hulle was te bang om Jesus daaroor uit te vra.
Lukas 12:50 Maar daar is 'n doop waarmee Ek gedoop moet word, en dit sal my heeltemal in beslag neem tot dit afgehandel is!
Lukas 13:32-33 Maar Hy sê vir hulle: "Gaan sê vir daardie jakkals: 'Kyk, vandag en more dryf Ek nog bose geeste uit en maak Ek mense gesond, maar op die derde dag sal Ek my werk klaar maak. In elk geval moet Ek vandag en more en oormore die reis voorsit, want dit is ondenkbaar dat 'n profeet op 'n ander plek as Jerusalem omkom!"
Lukas 17:25 Maar eers moet Hy baie ly en deur die mense van hierdie tyd verwerp word.
Lukas 5:35 Daar sal 'n tyd kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem sal word en dan, in daardie dae sal hulle vas.