Spreuke 18:8
Skinderstories word gretig verslind: mense sluk dit so maklik.
Spreuke 20:19
Iemand wat loop en skinder, lap geheime uit; bly weg van iemand wat baie
praat.
Spreuke 25:9
As jy 'n saak teen jou buurman het, moenie sĂȘ wat iemand jou vertroulik
meegedeel het nie.
Spreuke 26:20
Sonder hout bly 'n vuur nie brand nie; sonder 'n kwaadstoker hou 'n rusie nie.
Spreuke 16:28
Iemand wat die waarheid verdraai, veroorsaak twis. Iemand wat skinder, bring
verwydering tussen vriende.
Levitikus 19:16
Jy mag nie loop en skinder nie, . . . Ek is die Here.
1 Timoteus 5:13
Buitendien leer hulle om hulle tyd te verkwis deur net van die een huis na die ander
rond te kuier. Hulle is nie net ledig nie, maar ook bemoeisiek en praatsiek, en hulle
praat oor dinge waaroor nie gepraat moet word nie.
Spreuke 11:13
Iemand wat loop en skinder, lap geheime uit, 'n betroubare mens bewaar
'n geheim.