Hierdie webblad is ook in Engels, French (français) beskikbaar
Lys met Praktiese Voorstelle
2. Wees oortuig van God se goedheid en ook van Sy wonderlike planne vir die persoon wat jy graag wil help. Glo sterk in God se liefde en vergifnis, en in wat God in en deur die persoon kan verrig.
3. Sien altyd die beste in mense raak. Vind die bes moontlike lig waarin jy 'n persoon se aksies kan interpreteer. Dis duidelik dat jy hierdie houding teenoor die persoon wat jy help nodig het, maar hoe meer die persoon sien dat jy hierdie houding teenoor almal het, hoe meer verseker sal hy of sy voel. Dit sal die persoon se vertroue verhoog dat jy nie krities agter sy of haar rug sal wees nie. Jou voorbeeld sal ook 'n bydrae in genesing lewer deur te help om enige vyandige gevoelens te ontlont wat die persoon teenoor mense mag hê wat hom of haar seergemaak het.
4. Bewapen jouself met die standpunt dat jou vriend ylend is van pyn en dus enigiets kan sê of doen wat nie die karakter van 'n Christen kan wees, sonder dat dit jou opinie van hom of haar sal affekteer nie. Behou hoë agting vir jou vriend, en weet dit is die pyn wat praat, nie die persoon nie. Mense wat onder geweldige druk verkeer kan ontpolf met die geringste bykomende druk. As dit dalk jy is wat die effense druk byvoeg, moenie die ontploffing persoonlik opneem nie. Moenie sleg van die persoon, ook nie van jouself dink oor wat gebeur het nie.
5. Moenie 'n situasie aanblaas nie. Moenie meer brandstof vir iemand gee wat alreeds verbitterd teenoor 'n ander persoon is nie. Moenie meer verdoemenis en somberheid verskaf nie.
6. Stem soveel as moontlik met die persoon saam en wys verskille so min as moontlik uit. Natuurlik moet dit toegepas word met bogenoemde in gedagte.
7. Luister aandagtig. Hang aan elke woord. Geniet hulle grappies, voel hulle pyn, wees opgewonde oor hulle oorwinnings. Wees hulle beste vriend. Oogkontak kan 'n persoon se bewustheid van jou belangstelling in wat hy/sy sê versterk. Moet net nooit staar nie.
8. Praat in die meeste situasies minder as die ander persoon. Laat die ander persoon toe om twee derdes van die praatwerk te doen. Wees ontspanne in tye van stilte. Gee miskien 'n gerustellende glimlag, of gee sy/haar hand 'n drukkie. Moenie verplig voel om die stilte met 'n gebabbel te vul nie. Wees vol vertroue in die bemoedigende krag deur slegs daar te wees.
9. Stel sagkens ondersoek in. Om uit te vra na die aanleidende oorsaak wys opregte belangstelling. Daar mag sommige mense wees wat 'n behoefte het om sake uit te praat, maar weens skaamte of hul idee van goeie maniere, voel hulle dat hulle nie toestemming het om so baie oor hulself te sê, of 'n delikate saak te noem, as hulle nie genooi word om dit te doen nie. Deur toepaslike vrae te vra bevestig jy dat jy werklik belangstel en dat hul nie inbreuk op jou maak nie. Vir hulle wat verkies om 'n onderwerp uit te stel na 'n ander geleentheid mag sommiges voel dat jy eers weer sal moet vra.
10. Verstaan dit duidelik: Satan is die aanklaer, God is die Vergewer. Ons roeping is nie om die aanklaer te help deur 'n Christen se sonde bloot te lê nie. Ons plig is om die aanklaer se onderduimsheid te ondermyn deur die veroordeling te verminder wat tragies daartoe lei dat mense hul afstand van 'n liefdevolle en vergewensgesinde God hou. Moet nooit sonde afmaak of beklemtoon nie. Plaas eerder klem op God se liefde en vergifnis.
11. Vermy enigiets wat moontlik die indruk kan skep dat jy jouself verhewe die persoon plaas. Moenie 'n 'weet-als' wees nie. Indien dit gepas sou wees, kan jy kortliks jou eie stryd bely. Gee vir die persoon geleentheid om ook die evangeliebediening aan jou te bring.
12. Om goedkoop advies te gee is soos om 'n bom te hanteer. Selfs kundiges is in gevaar dat dit in hul gesigte gaan ontplof. Los dit uit.
13. As God iets omtrent 'n persoon aan jou openbaar, en dit word deur vas en gebed bevestig dat dit van God af kom, bid nog meer daaroor om vas te stel waarom hierdie informasie aan jou verskaf is. Die kanse is dat dit bedoel was om jou te ondersteun in voorbidding, en nie sodat jy dit met enigiemand moet deel nie. Indien dit bedoel was om gedeel te word, het jy die reuse verantwoordelikheid om vas te stel presies hoe en wanneer God van jou verwag om dit uit te spreek. Jy moet biddend die mees opheffendste en voordeligste manier vind om die boodskap oor te dra. Dit is van lewensbelang dat alles wat jy sê in liefde, nederigheid en sensitiwiteit omhul sal wees.
14. Wees so 'versigtig soos slange maar so opreg soos duiwe' (Matteus 10:16). Probeer om enigiets wat verkeerd verstaan kan word te vermy, en wat ook die geringste moontlike potensiaal het om die persoon se pyn net te vererger.
15. Pas by die persoon se gemoedstoestand aan. In die waardevolle woorde van die Apostel bekend vir sy beklemtoning van blydskap: 'Treur saam met dié wat treur (Romeine 12:15).' Natuurlik verkies jy dat die persoon meer opgewek sal wees, maar beweeg stadig en sagkens in daardie rigting. Probeer af en toe 'n bietjie humor en 'n grappie om vas te stel of die persoon emosioneel daartoe in staat is om positief daarop te reageer, maar doen dit sensitief en nooit gedwonge nie.
16. Beskou trane net so natuurlik as asemhaal. Indien 'n persoon sou huil, probeer om nie sy verleentheid groter te maak deur jou eie verleentheid ten toon te stel nie. Gee 'n bemoedigende drukkie, of probeer andersins wys dat jy ontspanne is oor enige emosie wat gewys word. Verseker die persoon dat trane gepas is en niks is om oor skaam te wees nie.
17. Voel die persoon se pyn. Moenie jou verbeel dat jy jou eie hartseer moet wegsteek nie.
18. Waar dit gepas sou wees, gebuik die krag van aanraking. Koester met heilige eerbied, die feit dat selfs God niemand 'n drukkie kan gee soos wat jy kan doen nie. Maak egter eers seker dat enige fisiese kontak verwelkom sal word, beheersd is, en nie verkeerd verstaan sal word nie.
19. Ontwikkel 'n vriendskap waarin die persoon veilig voel om sy diepste geheime te deel. Jou liefde moet onwankelbaar wees. Die persoon moet weet dat hy of sy steeds hoë agting sal ontvang, ongeag van wat bekend gemaak is; dat jy geen genot uit enigeen se val put nie; en dat jy geheime so jaloers bewaar soos jy jou eie mees vernederendste openbaring sou bewaar. (Skrif). (Wees egter daarvan bewus - en maak dit ook aan die ander persoon bekend dat indien iemand 'n kriminele oortreding bely jy versoek mag word om sekere dinge aan die owerhede te onthul.)
20. Tensy jy met die persoon getroud is, moet jy baie versigtig wees om hierdie voorstelle toe te pas met die teenoorgestelde geslag, of iemand wat kwesbaar is ten opsigte van aantrekkingskrag tot dieselfde geslag.
21. Wees op die uitkyk na 'n positiewe draai in die situasie en stuur die persoon se aandag met groot sensitiwiteit in daardie rigting.
22. Vra of die persoon wil hê dat jy vir hom 'n Bybelvers moet lees. Moenie verbaas wees as die antwoord nee is nie, maar kom steeds voorbereid met Skrifgedeeltes wat nie foutiewelik as veroordelend gesien sal word nie. Skrifgedeeltes wat emosies en toetse beetpak is van besonderse hulp op 'n eenvoudige, plat op die aarde manier. 'n Voorbeeld hiervan is Psalm 13. Die sanger begin deur te kla oor die blykbare onreg wat God oor hom bring, en dan verstom staan by die punt waar hy God prys. Die Psalms is 'n ryk bron van vertroosting vir mense wat beproewing beleef. Dis ook 'n effektiewe manier om mense te help om gemakliker te voel om probleme te erken. (Voorbeelde) Die Psalmskrywer was meer in voeling met realiteit as baie moderne skrywers en predikante.
23. Oorweeg praktiese hulp, soos inkopies, huiswerk, maaltye berei. Hierdie kan die mees waardevolle en verrassend gekompliseerdste wees. Sien meer.
24. Moenie langer bly as wat nodig is nie. Net soos wat jou maag omgekeer raak as jy geforseer is om jouself te ooreet, ongeag van hoe smaaklik die kos is, net so is besoeke wat te lank word, of té gereeld is, 'n seën wat verander in 'n las (Skrif). Terwyl jy duidelik wys dat jy graag sal bly, vra af en toe iets soos, 'Sou jy verkies om eerder vir 'n rukkie alleen te wees?' of 'Sou jy nou graag wou gaan rus?'
25. Wees bewus daarvan dat 'n persoon huiwerig mag wees om soiets te erken, uit vrees dat jou gevoelens daardeur seergemaak kan word. Let dus op na liggaamstaal. Moet jouself egter nie as 'n onfeilbare vertolker beskou nie, ook nie oor enige ander aspek van die menslike natuur hieroor nie.
26. Soek deurentyd na terugvoer en tekens wat verandering in jou benadering aandui. Nie net is elke persoon verskillend nie, maar mense se nood verander gedurende die verloop van hul beproewing. Byvoorbeeld wanneer 'n tragedie gebeur, is 'n persoon oorval met besoekers en aandag, maar dit neem mettertyd af todat die persoon in 'n situasie is waar hy die ander uiterste moet hanteer.
27. Gebed in afsondering is kragtig, maar gedeelde gebed is tog nog 'n manier om vertroosting te bied.
Bid saam met die persoon, of (gewoonlik minder vertroostend) verseker die persoon van jou gebede. Deur jou gebed op 'n briefie, of 'n groetekaartjie te skryf is verbasend effektief.
28. Behou kontak met die persoon. Kaartjies, e-posse, telefoon oproepe, klein geskenkies, uitstappies saam, kan baie effektief wees. (Vir 'n uitstappie saam met iemand met spesiale behoeftes, sien meer.)
29. Besef dat nagte meestal die ergste tyd is vir gewonde mense. In die middel van die nag - die tyd wat jy waarskylik die minste sou verkies om 'n oproep te ontvang is heel moontlik die tyd wat mense jou die nodigste het.
30. Veroorloof jouself tyd om te herlaai. Dit is beide liefdevol en wys om te verseker dat jy baie skuldvrye genotvolle tye het, waarin jy so totaal as moontlik van jou vriend en sy probleme vergeet. Dit sal baie beteken om jou aan te wakker om jou heel beste te doen om die persoon te ondersteun. (Natuurlik mag die persoon nie in die luim wees om te hoor hoe jy jou plesier beskryf nie).
31. Wees voorbereid dat 'n persoon se stryd vir jare langer kan voorduur as wat jy gedink het normaal sou wees. God behandel ons as indiwidue en alhoewel ons algemene menslikheid ons beproewinge ooreenstemmend maak, is daar ook 'n uniekheid met elke beproewing.
32. Moet nooit moed opgee met 'n persoon nie. Die feit dat sommiges baie vinniger herstel as ander kan ons in versoeking bring om op te gee met die stadiger persoon. Dit mag ook die indruk by ons wek dat ons misluk as ons ondersteuning nie die verwagte resultaat binne 'n sekere tydsbestek het wat ons verwag het nie. En eintlik, hoe meer frustrerend en hopeloos mense mag lyk en hoe meer jy voel om iemand anders in sy plek te plaas wat vinniger reageer - hoe meer is jy nodig.
33. Moenie iemand uitlos sodra sy/haar nood nie meer kronies is nie. Indien iemand goed oppad is na herstel, en jy besluit om prioriteit te skenk an mense in groter nood, is dit belangrik om stadig en met groot sensitiwiteit af te skaal. Anders mag die persoon op die end slegter voel as wanneer julle begin het. As jy kan begin deur die persoon in jou bediening te betrek, hulle te help om na ander uit te reik, sal dit jou eie pogings verhoog, en soveel doen om hierdie persoon ook op te bou.
34. Die sleutel: nederige afhanklikheid van die Heilige Gees. Wat wondere verrig het vir al die dosyne mense wat jy vantevore gehelp het mag nutteloos wees vir die volgende persoon wat jy ontmoet. Jou beste bedoelings, jou hardste pogings, kan in 'n ramp eindig. Die menslike natuur is net te kompleks. Elke persoon is verskillend. Jy het geen ander alternatief behalwe vir die opwindendste van alle avonture: om Gees gelei te wees.
1. Steun swaar op jou Christus gekoopte eenheid met die Almagtige God. Dit alleen gee jou 'n voorsprong op die hulp wat 'n goddelose weldoender kan aanbied. Gebed stel jou in staat om deur menslike beperkinge na Goddelike alvermoë te bars, en God se onberperkte krag in iemand se lewe te bring.
Put uit God al die geduld, selfbeheersing en ander genadegawes wat jy nodig het, om soos Christus vir die mense te wees, wat jou nodig het. Bid ook vir Goddelike insig in die persoon se behoeftes, en vir 'n openbaring om te weet hoe die Here wil hê dat jy God se liefde, wysheid en ootmoed moet verwoord.
Weet dat jou bemoediging wonders kan verrig omdat God alreeds kragtig in hierdie persoon aan die werk is. Bemoediging stel 'n Christen in staat om deur die bedrieër se werk te sien. Dit stel God in staat om deur die mis van wanhoop en negatiwiteit te bars, wat die vuur binne-in die persoon smoor. Dit bou geloof wat God vrylik die teuels gee om die pragtige dinge in hierdie persoon se lewe te doen waarna Hy smag.
As iemand houe na jou kant toe uitdeel, voel geëerd. Dit is gewoonlik 'n teken van vertroue. Iemand wat jou toelaat om 'n onaangename kant van sy/haar karakter te sien. Om iemand die geleentheid te gee om 'n lelike sy te wys, of om hul diepste vrese, en hartseer uit te spreek, kan die mees waardevolle bydrae tot hul uiteindelike genesing wees. Hulle sal waarskynlik sekerlik veroordeel voel oor die uitbarsting. Om dus krities teenoor hulle te wees is totaal onvanpas.
As 'n eks-roker byvoorbeeld, reageer op druk deur homself na 'n sigaret te wend, sal die persoon die nederlaag genoeg voel sonder jou bydrae.
Soos Petrus slegs ure voordat hy sy Here verloën het, het ons min begrip van hoe ons onder nuwe druk sou reageer, nog minder hoe ons staande sou kon bly met 'n totaal ander stel genes en agtergrond. Moet dit nie waag om meerderwaardig te voel teenoor 'n gevalle broer of suster nie. Wees eerder so sagkens en lankmoedig as wat jy sou wou gehad het God met jou moes wees as jy in dieselfde dryfsand sou beland.
Verseker is daar ook mense wat van die ander uiterste is, wat geaffronteer voel as hulle uitgevra word. Ons moet dus probeer om hierdie sake met sagtheid en sensitiwiteit te opper, op 'n manier waarin die persoon kan kies om jou nie te antwoord nie, sonder om verleë te voel.
In die oë van die ontvanger, is advies iets wat jou uit die posisie van warmhartige vriend (die posisie waarvandaan jy die maksimum troos kan bied), neem en verplaas na die van 'n koue meerdere. Dit kan ook grootliks daartoe bydra dat pyn vir die persoon slegs vererger.
En dit is slegs oënskynlik onskuldige advies. Die ander uiterste is 'n korrigerende woord, of om te impliseer dat die persoon bose geeste het, of sonde wat nie bely is nie, of die persoon probeer net nie hard genoeg nie, of dat die probleem bly as gevolg van te min geloof. Die impak van sulke 'nuttige wenke' is gewoontlik niks minder as afgryslik nie. Spreek dit uit en jy kan jouself die toorn van God op die hals haal vir die verwoesting van een van Sy kinders. Soos Simon Petrus kan jy tydelik die mondstuk van Satan word. (Matteus 16:23). Verontagsaam hierdie waarskuwing en jy kan daarby eindig om hierdie persoon van die kerk en selfs van God af weg te dryf. Jou goedbedoelde opmerkings maak jou amper skuldig aan geestelike moord.
Moenie derde partye vergiftig deur jou vermoedens oor 'n persoon met hulle te deel nie. Onthou net, hoe meer mense jy vertel hoe groter is die kans dat dit die persoon sal bereik en sal help om hom te vernietig.
Bid dat indien jou vermoedens waar is, God dit duidelik aan die persoon sal openbaar, met jou enkele betrokkenheid dié van gebed, asook die vertroosting wat jy bied. Gesels met jou predikant of 'n baie volwasse Christen as jy moet, maar moenie dinge in jou eie hande neem nie.
As jy pertinent gevra word om advies te gee, sien meer.
In die kunsmatige wêreld waarin ons leef is baie Christene verskriklik eensaam. So min blyk om te erken dat hulle probleme het dat dit kan lyk asof geen volwasse Christen moontlik dieselfde probleme kan hê as wat ek en jy het nie. As die, in duie stort van Christelike Supersterre enigiets bewys, dan is dit dat onder die indrukwekkende Christelike uiterlike, klop 'n hart net so kwesbaar soos ons s'n. Om dit anders te probeer voorstel is gevaarlik.
Mense mag nie slegs in 'n verleentheid wees oor gevoelens en versoekings wat hul aanval nie, hulle kan werklik geskok wees. Dit mag al so lank gelede wees wat hulle so 'n aanval beleef het, dat hulle verwag het om nooit weer so te voel nie. Hulle besef nie dat dit selfs vir sterk Christene normaal is om deur versoekings, gebedloosheid, twyfel, vrees, woede, of afkeer teenoor God of mense, of gevoelens van deur God verlaat te wees, getref te word nie.
Daar is waarskynlik niks op aarde kragtiger om een mens aan 'n ander te verbind soos die deel van 'n donker lang bewaarde geheim nie. Die effek is die grootste met die heel eerste persoon om beide die geheim te hoor, en dan innige aanvaarding te behou na die openbaring.
Met afwisselende grade dra die ander voorstelling in hierdie webblad ook by tot binding en natuurlik sal die komdinasie van verskeie voorstelle die effek verhoog. Die effek kan maklik met romantiese gevoelens verwar word en vernederende en soms verwoestende gevolge hê.
'n Ongetroude vrou het gevoel dat sy die hulp van 'n man nodig het om 'n keuse te maak vir 'n goeie tweedehandse kar wat sy wou koop. Sy het gekla dat sulke hulp onwaarskynlik was omdat haar huwelikstatus veroorsaak dat vrouens haar as 'n potensiële bedreiging vir hul mans sien. Ek het my opregte meegevoel betuig. Om soos 'n melaatse behandel te word is een van die grootste laste wat enkel persone gereel moet dra. (Ek het nie die woord 'melaatse' gebruik nie, ingeval dit haar gevoel van isolasie kon vergroot). Nadat sy verseker is dat ek geraak is deur haar posisie, het ek terloops genoem dat om beskou te word as 'n potensiële bedreiging, bewys dat hierdie vrouens haar sien as begeerlik vir mans. Onmiddelik het die vrou verhelder deur te dink dat sy dan werklik begeerlik moet wees. 'Ek reken ons kan dit nie albei hê nie,' het ek gesê. 'Niemand kan beide 'n geskikte en begeerlike vrou wees en nie gesien word as 'n moontlike bedreiging nie.' Sy is weg met 'n baie beter gevoel oor haarself en haar moeilike posisie.
As elke donker wolk 'n silwer randjie het, jag hoog en laag vir die silwer, stuur dan die persoon se visie sagkens daarheen. Moet dit egter nooit doen op 'n manier wat sal lyk asof dit bedoel is om die persoon af te sit nie. Soos om die indruk te skep dat hulle die silwer self moes raaksien nie. Moet ook nie impliseer dat hulle die positiewe sy vertroostend moet vind nie. Laat dit aan hulself oor om te besluit of dit die geringste vergoeding is vir die pyn wat hul beleef.
Sommige mense kom na Christus toe as klein kindertjies en bly gelowig vir altyd. Sommiges sien nie die lig tot die laaste oomblikke van hul lewens nie. Sommiges van ons neem baie jare langer om van verdriet te herstel as ander. Sommiges word onmiddelik van verslawing deur 'n wonderwerk verlos wat God se genade bewys, en niks sê van hulle eie karakter nie. Sommiges kwyn in nederlaag, jaar na jaar na jaar tot hul uiteindelik oorwinning behaal.
Jy is na so 'n onbestendige gemeenskap gestuur, dat selfs 'n gelofte voor God, 'tot die dood ons skei' min betekenis het. In hierdie sombere, wanhopige wêreld van weggooibare verhoudings is jy bestem om die lig te wees. Jy is geroep om 'die vriend te wees wat nader is as 'n broer' (Spreuke 18:24).'
Webpages dealing in a sensitive, uplifting manner with dilemmas that often send us reeling
Except the last two in the list, each webpage leads to others on the same topic
God's will is comforting, not fearful
Overcoming temptation and addiction
Why does a loving God allow suffering?
Comments? Prayer Request?
comfort@net-burst.com The Mail Box.
[Many More Subjects]
[E-mail]
[Bless & Be Blessed by Facebook] [Daily Quotes] [My Shame]