Praktiese Hulp
My hoogs ervare vriendin, Stephanie Goldberg, het die volgende kommentaar hieroor gelewer:
Wees bewus daarvan dat baie mense hul eie persoonlike manier ontwikkel het oor hoe huiswerk gedoen moet word, waar hulle metode as die enigste korrekte manier van doen beskou word. Dit kan seermaak wanneer jy iemand se kar was, en in die plek van 'n dankie 'n skrobbering kry omdat jy nie die regte soort lap gebruik het nie. Dit kan jou tot die uiterste beproef. Om moontlike probleme te voorkom kan vooraf vrae gevra word. Net om teen jou vrae opgewasse te wees kan egter 'n oorlaaide persoon onder nog meer druk plaas. Wees dus voorbereid om 'n betreklik stamperige pad, maar onthou die voordele is die risiko's en pyn werd.