Aanhangsel 2: Was Jesus Enigste Perfekte?
Moenie die betekenis van die baie Skrif verwysings wat hier onder aangehaal is mis nie. Dit is primêr historiese dokumente met 'n betroubaarheid wat selde op die gebied van antieke geskiedenis voorkom, geskryf deur (Bv. 2 Petrus 1:16) baie afhanklik van (Lukas 1:1-4) ooggetuies. Neem kennis van die natuurlike neiging van die getuies. Hulle was totaal oortuig van die sondigheid van elke mens. (1 Johannes 1:8,10; Romaneine 3:9,10,23) Dit was 'n basiese leerstelling, nie net van die vroeë Christene nie, maar ook van die Joodse geloof wat selfs van geboorte af by hulle ingedril is (1 Konings 8:46; Job 15:14; Psalm 130:3; 143:2; Prediker 7:20; Jesaja 53:6; Jeremia 17:9) Tog het hulle tot die verstommende slotsom gekom dat Jesus sondeloos was.
Algemeen Toe hy 'n beroep op die algemene kennis van die nie-Chritene gemaak het, kon Petrus met selfvertroue praat oor al Jesus se goeie dade. (Handelinge 10:36-38)
Godsdienstige
teenstaanders van Jesus
Die enigste klag wat hulle teen Hom kon inbring was dat Hy aansprake gemaak het wat geen normale man kon maak nie.
Pilatus Johannes 19:4-14; Matteus 27: 23-24
Vrou van Pilatus Matteus 27:19
Jesus se verraaier Matteus 27:4
Jesus se laksman Matteus 27:54; Lukas 23:47
Die dief wat saam met Jesus gekruisig is Lukas 23:41
'n Demoon Markus 1:23-24
Mense wat
Jesus intiem geken het:
Johannes die Doper Matteus 3:13-17
Die Apostel Johannes Johannes 1:14; 1 Johannes 2:29; 3:5
Petrus Lukas 5:8; Handelinge 3:14; 1 Petrus 1:19; 2:22; 3:18
Vroeëre Christen Christen getuies Hebreërs 4.15; 7:26; 9:14 2
Korintiërs 5:21
Jesus se eie Moeder en broer het in Hom geglo
- Handelinge 1:14; Galasiërs 1:19
Jesus se eie
getuienis Johannes 5:30,36; 7:18; 8:29; 10:32,38; 14:11, 30-31;
15:24
Moet dit nie ligtelik opneem nie. Hoe goddeliker iemand is, hoe meer is hulle van hul sondigheid bewus. (Vergelyk Efesiërs 3:8; 1 Timoteus 1:15) Jesus staan in skelle kontras op die reël uit. "Wie van julle kan sonde by my aanwys?" het Hy aan 'n vyandige skare gevra. (Johannes 8:46)
'n Engel Lukas 1:35
Deur Ou
Testamentiese profete voorspel Jesaja 53:9,11; Jeremia 23:5; Saggaria 9:9
Daar is voorheen gedagtes daaroor gewissel dat Jesus wel moes gesondig het vir een van die volgende redes:
Jesus het 'n vyeboom vervloek As Jesus as gevolg van die vyeboom gevloek het, sou ons
rede gehad het om sy karakter te betwyfel. Die woord 'vloek' is duidelik nie in hierdie sin gebruik nie,
omdat al wat Hy vir die boom gesê het was, "Jy sal in der ewigheid nooit weer vrugte dra nie" (Matteus 21:19)
Jesus het kwaad geword vir die geldwisselaars by die tempel Die onmiddelike reaksie
van die dissipels is onthullend. Jesus se daad herhinner hulle aan 'n betrokke Skrifgedeelte, en
hulle sien die hele insident as bewys van Jesus se Goddelikheid dat Hy aangegryp word deur dinge
wat God ontroer. (Johannes 2:15-17; Psalm 69:9)
Van die begin tot die einde, is die Bybel gevul met verwysings na God se woede. (Bv. Eksodus 15:7; Deuternomium 9:7-8; Esegiël 7:19;
Romeine 2:5; Openbaring 16:1) Christene het nog altyd 'n onderskeid tussen regverdige woede, en
selfsugtige woede getref. Daar was niks impulsief aan Jesus se dade nie. Hy was totaal en al selfbeheersd.
Hy het na die tempel toe gegaan, rond gekyk, en weggegaan omdat dit laat was. Die volgende dag het hy die
tempelwerkers uitgejaag. (Markus 11:11,15) Om te sien of Jesus enige selfsugtige woede in Hom gehad het,
kyk na sy reaksie toe hy wreed en onbillik tereggestel is. "Vergewe hulle", was sy uitroep.
Jesus het
sy Moeder oneer aangedoen deur haar as 'vrou' aan te spreek Meeste moderne Bybelvertalings
gebruik die uitdrukkings soos 'liewe dame' maar selfs hierdie skyn kunsmatig te wees. Baie Bybelvertalings
probeer dit nie eers vertaal nie. Daar is om die waarheid te sê, geen Engelse of Afrikaanse woord wat 'n
ekwivalent is vir die woord in die oorspronklike teks is nie. 'n Troetelnaam met respek is een Griekse student
se beskrywing van die woord. Ons hoef slegs een van die kontekste te bestudeer om die akkuraatheid van
hierdie beskrywing raak te sien. Jesus het hierdie aanspreekvorm tydens die teerste oomblik gebruik toe
sy moeder, met gebroke hart, waarskynlik al 'n weduwee wat binnekort van haar seun beroof gaan word
en na hom gestaan en kyk het, en Jesus die finale reëlings getref het vir sy mees geliefde dissipel
om haar vir die res van haar lewe te versorg. (Johannes 19:26-27)
Gevolgtrekking: Afstand in tyd en kultuur, asook oppervlakkige lees van 'n teks, daarby nog 'n onbekendheid met Bybelse moraliteit kan ons vir 'n rukkie van balans afgooi, maar deursigtige ondersoek van die Woord bevestig dat Jesus die Unieke sonder enige sonde was.
Terug na Teks