Oor die skrywer
Wanneer ek nie skryf of deur die Net blaai nie, is my gunsteling tydverdryf om in die Australiaanse bosse te gaan stap, om skaam Emoese te bekruip, kangaroes, koala-bere, mierystervarke, ens. (terwyl ek probeer om nie die slange raak te trap nie). Ek sal daarvan hou om te sê, ek is 'n alleenloper, aantreklik en ryk, maar net een van hierdie drie is waar!
Terug
As daar werklik 'n God van liefde
was, sou onskuldiges nie swaarkry nie
Briljante intellek het hierdie gevolgtrekking gemaak. Dis 'n tydbom wat gestel is om in Christene se gesigte te ontplof die oomblik wanneer hulle persoonlike tragedie beleef.
Om die wat in 'n liefdevolle God glo te konfronteer, moet ons hulle eers verstaan. Kom ons verkort hul bewerings tot slegs 'n paar woorde.
Ongelooflik, Christene maak daarop aanspraak dat slegs een onskuldige ooit gely het! Min van ons kan realiteit in die oë kyk, beweer hulle, behalwe wanneer Jesus ons diep onderdrukte, maar besoedelde gewete reinig. Hulle argumenteer dat slegs nadat hierdie geestelike wonderwerk durf ons ons wanhopige pogings te laat vaar om die grootte van ons verdorwenheid te verberg en te verskoon en dit van ons gedagtes af weg te skuif. Hulle sê dit is 'n verwoestende ondervinding om jou veronderstelde goedheid deur God se verblindende reinheid te laat ontbloot. Met elke greintjie trots in hulle, gil hulle uit protes, Christene voel gedryf tot 'n gevolgtrekking: die morele gaping tussen hulle en 'n reeksmoordenaar is onsigbaar, in vergelyking met die vreesagtige uitgestrektheid wat self hul beste pogings skei van die onfeilbare heiligheid van God. Hulle argumenteer selfs dat babas in 'n sekere sin moreel korrup is! (Sien Is babas onskuldig?)
Geen slim argument, en geen sogenaamde geestelike ondervinding kan egter een onvermydelike feit wegsteek nie: 'n heilige God sou daarna smag om elke oorsaak van pyn weg te vee. En as Hy elkeen wat ooit pyn deur selfsugtigheid, bedrog, leuens, skinder of kwetsende aanmerkings veroorsaak wegvee, wie sou oorbly?
Lyding is God se skuld! gee ons met veragting te kenne, en ons vergeet gerieflikheidshalwe dat tye van woede, hebsug en leuens, ander seermaak. Vanselfsprekend is daar 'n graad van pyn wat ons as verskoonbaar beskou, en vir een of ander duistere rede, val die pyn wat ons veroorsaak binne die standaard wat arbitrêr opgestel is. Dis soos om 'n eksamen te dop en dan die druip merk te verwyder om ons punte goed te laat lyk. 'n Heilige God kan nie 'n vennoot van sulke skynheiligheid wees nie. Om mense uit te wis wat lyding veroorsaak en my en jou spaar, sou God skuldig maak aan verregaande onregverdigheid. Elk van ons het tot die mens se skaamte bygedra. As daar 'n God van liefde is, sal die mense wat Hy liefhet en begeer om in 'n pynlose wêreld te plaas, juis diegene wees wat die mensdom se lyding veroorsaak.
Ons sal binnekort voortgaan, maar die vraag oor onskuld is sentraal tot die vraag oor lyding. Ons is so ver daarvan af om onskuldig te wees dat ons ons bestaan te danke het aan sonde. As ons byvoorbeeld ons stamboom ver genoeg sou navolg, sal ons heel waarskynlik 'n voorouer vind wat gebore is as gevolg van sonde; verkragting, bloedskande, of 'n veragtelike swangerskap, en so meer.
Terwyl almal nou aan die sondekas oorgelewer is, slaan gelowiges reg agteroor, en lê beslag op die aanmatigende bewerings van 'n man beroemd oor sy nederigheid. Christus het aanspraak gemaak op 'n bestaan onafhanklik van menslike voorouers. (Johannes 8:56-59; 17:5) As dit waar is, en as Hy vervolgens 'n perfekte lewe gely het, kan Hy alleen in elke denkbare sin onskuldig wees. En ons weet hierdie man het gely.
Hy wat as die unieke perfekte mens voorgekom het en onmoontlike hoë standaarde gepreek het, daarop aanspraak gemaak het dat dit God se vereistes is en Hy het dit werklik geleef. Die ander wang gedraai, sy vyande liefgehad, net soos hy gepreek het, het hy oorgegee aan mishandeling en foltering, en daardeur op een of ander manier in sy verminkte liggaam al die afgruwelike gevolge van die hele mensdom se sondes geabsorbeer.
Die mensdom kan roem oor een perfekte Persoon. (Sien Aanhangsel) Ons het hom doodgemaak. Tog het ons enigste Onskuldige met graagte die onreg gely sodat die skuldiges van ewige oordeel bevry kan word. In hierdie katalistiese uitruiling, het die Onskuldige en skuldige plekke geruil, en daardeur dit geestelik wettig gemaak vir Sy lyding om jou lyding te beëindig. So ongelooflik as wat dit mag lyk, het dit ons na die rand van 'n nuwe wêreld gebring, waar die verlange diep binne ons beantwoord sal word bedrog, mishandeling en pynlike aksies sal verswelg word deur goedheid; ellende sal in eindelose blydskap oplos.
Maar tydelike aardse pyn hou aan vir 'n wonderlike persoon. 'n Paradys van harmonie, openlikheid en liefde sou vinnig bederf wees as slegs een van sy burgers in geringe mate so optree soos wat ons huidiglik onsself gedra. Om 'n perfekte wêreld te betree sonder om die perfeksie te verpletter, sou 'n persoonlikheidsverandering vereis wat meer radikaal is wat nog ooit op hierdie aarde gesien is. Deur Jesus se ingryping kan God hierdie wonderwerk in ons tot stand bring, en ons geskik maak vir so 'n wêreld. Maar Hy sal ons nie mishandel deur 'n persoonlikheidsverandering, teen ons wil, op ons af te dwing nie. Ons moet gewillig wees om God toe te laat om ons gekoesterde sondes van ons te neem, en sy onbeperkte wysheid en liefde oor elke deel van ons lewens te laat heers.
Die mensdom huiwer op die rand van uitwissing, gehipnotiseer deur sonde soos 'n slang se prooi. Elke oomblik wat God Sy plofbare drang onderdruk om alle boosheid uit te delg, in nog 'n oomblik waarin biljoene van ons tog weer 'n volgende kans kry om tot ons sinne te kom, en Jesus toe te laat om ons te bevry van ons gekheid met sonde. Maar die einde van hierdie periode van genade is besig om oor ons neer te stort. Binnekort sal alle lyding ophou. Alle verkeerde dade sal vernietig wees, en daarmee saam almal steeds vasgevang in die dodelike omhelsing.
Meer oor lyding (In Engels) . . . OF . . . Terug na Inhoud
Aanhangsel 1: Is babas onskuldig?
In Australië, is skynbaar
onskuldige konyne, peste omdat hul voorouers iets gedoen het wat in stryd met
die natuur was: hulle het inwoners van die Australiese bosse geword. Alhoewel
oulik, is dit onvermydelik dat wanneer 'n baba konyn in die natuur volwasse word, dit die ekologie
sal beskadig. Christene maak dieselfde aanname daaroor dat wanneer ons gebore
word, ons beminlik is en te dom is om te sondig, die liefling van God se hart. Maar
dit was onvermydelik dat ons tog sou bydra tot die wêreld se lyding leuens, bedrog,
laster, ens; die oomblik wat ons die krag en intellek verkry het om dit te doen.
Dit is omdat ons voorouers hul God gegewe verantwoordelikhede geskend het. Dit dien geen
doel om hulle of God te blameer nie, is die argument. Indien ons voorouers
verwyder souk kon word voordat hul geneties hul neiging tot verkeerde dade kon oordra, sou
ons nooit gebore gewees het nie.
E-pos die vertaler, Elna Smit by afrikaan@net-burst.net (Afrikaans)
of E-pos die skrywer, Grantley Morris hot@net-burst.com (Slegs Engels)