Christene is dweperig, rassiste, seksiste
en homofobies
Dit
maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie: in
Christus is julle almal één. (Galasiërs 3:28; Kolossense 3:11) Bybelverse
soos hierdie is steeds besig om die wêreld na 2000 jaar te beweeg en te vorm.
Dit is nie net dat die Bybel 20 eeue vooruit was nie, dit was die Bybel wat
in spesifieke tye in die geskiedenis die westerse wêreld tot sy huidige vlak
van verdraagsaamheid moes stoot en trek.
Soos niks anders nie het die Christendom almal op dieselfde vlak geplaas. In Jesus se teenwoordigheid is elkeen, ongeag van spiere, vermoë, sukses, intelligensie, opvoeding, geld, beroep, familie, kleur, geslag, ouderdom, aantreklikheid, gewoontes, gesondheid, seksuele behoeftes, persoonlikheid en morele standpunte in gelyke maat in staat om die reinheid en belangrikheid in God se oë te ontvang as wat Jesus Homself gehad het. Ware volgelinge van Jesus het nog altyd beklemtoon dat ongebore babas, mense met brein of liggaamlike kwale, ou mense, dronkaards, moordenaars, en heiliges almal ewe waardevol vir God is.
Vele herlewings van Bybelse Christenskap en die pogings van Christene soos Wilberforce, graaf van Shaftesbury, en William Booth (om net sommige van die 19de eeuse voorbeelde te gebruik) het meegebring dat sekere Christen gelowe, soos gelykwaardigheid van alle mense, soveel populariteit in die westerse wêreld gewen het dat dit as normaal aanvaar is. Buiten historiese vakkundiges met 'n ferm begrip van die gebeure van 2000 jaar, besef min van ons dat selfs nie-Christene soos Marksiste en Bybel-verbrandende feministe het (selfs sonder om self daarvan bewus te wees) dele van Christenskap by hul gelowe ingesluit. Ter illustrasie, die ongelowige Mahatma Ghandi, beroemd vir sy anti-geweld en verset teen die langdurige diskriminasie en vooroordeel van die Hindoe stelsel, het geweet dat hy deur Jesus Christus se onderrig beïnvloed is. (Sien, as voorbeeld, Gandhi se boek Non-Violence in Peace and War, 1949, vol. 2, hoofstuk 166) Meeste van die mense wat Ghandi geïnspireer het, sou egter minder daarvan bewus wees dat deur hom te volg hulle sekere Christen oortuigings aanvaar.
'n Ander siening: Elke dag, regoor die wêreld gebruik mense die woord 'liefde' in wrede misleiding. 'n Man wat min vir 'n vrou omgee sal byvoorbeeld vir haar sê dat hy haar liefhet net sodat hy by haar kan slaap en haar sleg kan behandel. Die resultaat is pyn en wantroue. Tog kan die valse nooit die ware Jakob vernietig nie. Net soos leuenaars en bedrieërs die mag van die woord 'liefde' ontdek het, het sommiges die woord 'Jesus' ontdek. Onthou egter dat mense nie waardelose dinge namaak nie. (Mense mag geld, diamante, en duursame kunswerke vervals, en voorgee dat hul goedkoop namaaksels die ware een is, maar hulle sal nooit plastiek sakke namaak nie.) As mense dus Christenskap namaak, en voorgee om volgelinge van Jesus te wees terwyl hulle gedrag die teendeel bewys, is dit net omdat ware Christenskap waardevol is.
So het die politiek ook, maar die politiek kan nie totaal van die samelewing verwyder word nie. Ons kan slegs probeer om die regte soort politiek te soek. Ewe min kan ons, ons godsdiensnood verwyder. Ons kan net die regte godsdiens vind. 'n Goeie begin sou wees om 'n toegewyde leier te vind wat gesê het: 'Geseënd is die vredemakers . . . wees lief vir julle vyande... seën die wat julle vervloek . . . draai die ander wang . . .
In werklikheid hou ateïste die rekord vir moord op onskuldige mense Lenin, Stalin, Mao. Oorlog is baie sleg, en tog is die moord op miljoene mense deur hierdie ateïste erger as enigiets wat nog ooit in godsdiens oorloë gedoen is. 'n Geskiedenis onderwyser vind fout met my webblad
Wanneer na die oorsaak van oorlog gesoek word probeer hebsug, selfsug, trots, haat, onvergewinsgesindheid die presiese dinge waarteen Jesus geleer het.
'n Ander siening: As jy die standpunt sou inneem dat dit verkeerd is om 'n lewe te neem en mense se regte te skend, dan, alhoewel jy dalk onbewus daarvan mag wees, het jy Christelike geloof in jou lewe ingeneem. As, soos ateïstiese evolusioniste leer, kom vooruitgang deur die oorlewing van die sterkste, nou waarom dan nie maar oorlog sy gang laat gaan nie? Delf in baie nie-Christen godsdienste en jy sal leerstellings ontdek dat alle dinge een is insluitend die goeie en die bose. Waarom werk vir geregtigheid as niks wreedheid ingesluit, sleg is nie? Dit is die Christendom wat logiese redes om geregtigheid en vrede te soek verskaf. Dit maak soveel sin dat ongelowiges dikwels daarin eindig om logiese gevolgtrekkings van hul eie oortuigings te vermy. Hulle heg Christelike waardes aan hul anti-Christelike basis. Dis soos om te probeer om blomme aan plastiek wortels te plak en dan te verwag dat dit sal lewe.
Christene beskou menslike lewe as heilig en waardevol. Dit is byvoorbeeld waarom hulle sterk gekant is daarteen om ongebore babas dood te maak, of om ernstige siek mense se lewens te verkort. Anders as baie mense sien hulle nie die mens as 'n resultaat van 'n ongeluk miljoene jare gelede wat in die moeras gebeur het nie. Of die sinnelose uitvloeisel van iemand se begeerte vir seks nie. Hulle sien die eenvoudigste van ons as draers van die beeld van God; deur Hom gemaak en die fokus van Sy liefde. Hulle glo dat God soveel waarde aan ons heg dat Hy ons in alle ewigheid wil geniet, en dat Hy niks gespaar het om dit moontlik te maak nie.
Tog is die Bybel geskik vir alledaagse realiteite. Christene is nie verbaas dat klein kindertjies wat liefde ontvang het en in die beste huise groot geword het, stout is nie. Hulle het nooit gedink dat diefstal beperk sal wees tot die armes of die onopgevoedes, of die met ontoereikende dieet nie. Hulle val nie in die strik om ander te beskuldig, maar hul eie foute mis te kyk nie. Hulle glo ons is almal ewe skuldig en is ewe veel in staat om volmaaktheid in Christus te behaal.
'n Ander siening: As ons so goed is as wat ons van hou om te dink sou ons na die beste persoon wat nog ooit was, Jesus Christus, gestroom het. Diep binne-in ons verwag ons egter die ergste van onsself en hardloop daarvan af weg soos mense wat weier om kanker toetse te laat doen, alhoewel hulle vroeë onthulling van die probleem lewe gee, nie die dood nie. Elkeen wat hul nood daarvoor erken, kan oombliklik deur God behandel word asof hulle die onskuld van Jesus het. Elkeen kan hul lewens vir Jesus gee, God se geestelike krag ontvang, en sal in die hiernamaals volmaak gemaak word.
Wat van al daardie mense
wat nog nooit van Jesus gehoor het nie?
Sendelinge vind ooral in die wêreld groepe mense wat bonatuurlik gereed gemaak
is vir die Christelike godsdiens. Hierdie mense se eie ou tradisies het
bewerkstellig dat hul die koms van die Christendom verwag het.
(Verstommende Voorbeelde.) Baie mense,
regoor die wêreld wat nog nooit van Jesus gehoor het nie, het 'n herhinnering,
oorgedra van ouers na kinders, van die ware God met wie hulle kontak verloor het.
Hulle is alreeds bewus van die swakheid van hul eie godsdiens en wanneer hulle
ware godsdiens ontdek sien hulle dit as die antwoorde op hul
geestelike hunkeringe.(Voorbeelde) Hierdie is 'n
hoofrede waarom die Christendom met so 'n verbasende tempo groei.
(Statistieke).
'n Ander siening: Net soos jy het die wat nie van Jesus gehoor het nie daarin gefaal om hul eie reëls te hou van om 'n goeie lewe te lei, wat nog te sê God s'n. Hoe God met hulle geestelike onvermoë handel, is God se saak, nie joune nie. Jou bekommernis is dat as God die wat nog nooit gehoor het nie, anders sou behandel, dit jou geensins sou affekteer nie, omdat jy gehoor het. Jy mag jouself oortuig en elke Christen uit redeneer, maar op die ou end beteken dit niks. God sien reg deur ons. Elke verskoning waaragter jy skuil sal verwyn wanneer jy voor die Almagtige Regter staan.
Vir 'n dieper ondersoek oor hoe God die sal behandel wat nog nooit van Jesus gehoor het nie, sien Volmaakte Geregtigheid
27. Om 'n ware Christen te word is bykans onmoontlik
E-pos die vertaler, Elna Smit by afrikaan@net-burst.net (Afrikaans)
of E-pos die skrywer, Grantley Morris hot@net-burst.com (Slegs Engels)
Vir vele meer inspirerende, gevoelvolle, soms skreeusnaakse skrywes, vrylik op die internet beskikbaar by die volgende adres: www.net-burst.com Jy het vrylik ontvang, gee vrylik.