Om 'n ware Christen te word is bykans onmoontlik
Elkeen wat die kenmerkende eienskap van Christenskap gemis het voel so. Nie-Christen godsdienste vereis dat hul volgelinge 'n sekere standaard bereik, maar om 'n Christen te word is om te erken dat nie een van ons aan God se vereistes kan voldoen nie. Jesus het dit vír ons gedoen.
Gestel jy is besig om te verdrink, sou jy die hulp van lewensredders weier, omdat jy nie goed genoeg kan swem nie? Dit is presies omdat jy nie goed genoeg is nie dat jy hul redding nodig het. Elkeen wat Jesus toelaat om hulle te red, is 'n Christen.
'n Ander standpunt: Mense wat op onvermoë om 'n Christen te word aanspraak maak, dink gewoonlik dat hulle net hulself te na kom. Wat hulle eintlik daardeur verklaar, is dat Jesus 'n onvolwaardige Redder is. Sodra hulle besef hoe verspot dit is, gee hulle aan Jesus oor en laat Hom toe om hul lewens te verander.
Vir meer oor die hoë prys wat betaal moet word om 'n Christen te word, lees voort . . .of . . . Keer terug na Inhoud
2. Die prys om 'n Christen te word is té hoog
Bied
vir my 'n roomys vir R500 aan, en ek sal dit weier. Dit kos te veel. Bied vir my 'n
splinternuwe kar aan vir R500 en ek sal dink dat dit so goedkoop is dat daar êrens
'n vangplek is. Dis nie die koste wat die eintlike saak is nie, maar wel wat aangebied
word. Die prys om 'n Christen te word is só hoog, dat dit slegs deur die voordele
oortref word. Die beloning is egter so enorm dat die prys nietemin verskrompel tot
'n nietigheid.
Wat sal dit my baat?
Die wonderlike van om 'n Christen te word is dat jy dit nooit alleen doen nie. Jy tree 'n vennootskap binne met dié Een vir wie niks onmoontlik is nie. Hy is altyd by om te vertroos, bemoedig, versterk, bevry, beskerm, en om vergoeding wat jy agtergelaat het oor jou uit te stort. Jy kan so hard probeer as wat jy wil, maar daar is niks wat jy vir God kan aanbied nie. Die meeste wat jy kan doen is om verbygaande plesier te verruil vir ewige vreugde. Dit is nie 'n opoffering nie dis 'n belegging.
God is 'n gewer, nie 'n nemer nie. Wat Hy begeer is soos 'n perfekte huwelik. Ons trek net voordeel uit Sy aanbod, en God kry die ruwe kant. Maar God is liefde. Hy wil hierdie heilige eenheid meer hê as wat ons kan dink. Moenie Sy hart breek deur terug te hou nie.
Elke huwelik het 'n prys. Dit behels totale toevertrouing van alles wat jy het en van alles wat jy is. Dit is om so geheel en al in iemand te glo dat jy jou totale menswees aan daardie enkele persoon toevertrou. Die Here is gretig om so toegewy aan jou te wees, maar vir 'n huwelik om te werk, moet die begeerte wederkerig wees.
As 'n straatkind met 'n miljoenêr sou trou, sou sy al sy rykdom, en hy al haar skuld kry. Hy sou besmet wees met haar skande, en sy sou sy eer verkry. Vir dit om te gebeur, moet sy wegdraai van mededingende verhoudings en haarself, asook haar skamele besittings, verbind aan hierdie man. Alles wat hy het sou hare word, mits sy alles wat sy het syne laat word.
Eweneens, as ons alles wat ons het aan God toevertrou ons tyd, vermoëns, verhoudings en besittings sal hy vergoed deur ons te omarm met goddelike oordadigheid. Ons handig ons verdorwenheid oor aan Jesus, laat vaar selfs die sonde wat ons erg aan het. Dit word Syne. Dit is wat Hom doodgemaak het. In ruil omhul Jesus se sondelose perfeksie ons, en stel ons in staat om op 'n intieme voet met die Hielige God te wees. (2 Korintiërs 5:21) Die hoogtepunt in hierdie goddelike ruiling van heiligheid vir verdorwenheid, sal gesien word wanneer alle boosheid finaal van hierdie planeet weggevee sal word ons sal gespaar wees en niemand kan God van onregverdigheid of voortrekkery beskuldig nie. Hy het die straf self gedra.
Deur hierdie liefdesverbond te betree, gee ons God die reg om te doen net wat Hy wil met ons besittings, maar die Eienaar van die heelal maak Sy rykdom beskikbaar vir ons. Ons verruil ons talente, vir onbeperkte krag, ons pogings om ons lewens te reël, vir Sy ongeëwenaarde wysheid. Ons gee aan Hom ons tyd op aarde en Hy gee ons die ewigheid.
Die gebed wat volg is in ooreenstemming met huweliksbeloftes, waarin jy beloof om lief te hê, te eer en God gehoorsaam te wees. Hom dus jou God te maak. In ruil maak die Koning van alle konings jou waardig om geestelik een met Hom te word, en beloof om Homself sonder voorbehoud aan jou toe te wy. As die gebed jou gevoelens akkuraat beskryf, kan jy dit jou gebed maak deur dit vir God te lees.
Dis moeilik om te erken hoe sondig ek was. Ek het aan U droefheid veroorsaak. Tog het U, U Seun gestuur wat Sy lewe gegee het en die dood oorwin het om my vergifnis te verseker. (Romeine 4:24-25; 6:4-5; 1 Korintiërs 15:3-8,14,17; Kolosense 2:12; 1 Petrus 1:3)
U het Uself geheel en al aan my geskenk en ek verlang om U daarvoor te vergoed. In reaksie op U oorweldigende liefde, wy ek alles wat ek het aan U toe deur U lief te hê. Ek gee oor aan U liefdevolle beskerming en leiding. Ek gee my sonde aan U oor, ek doen selfs afstand van daardie dinge wat my in versoeking bring. Ek ontvang U vryspraak en vlekkeloosheid, asook U bemagtiging om 'n lewe waardig voor U, te leef.
Baie dankie dat U nou 'n eenheid tot stand gebring het wat nie eens deur die dood gebreek kan word nie.
Die Here van hemel en aarde ken jou geheime gedagtes. (Hebreërs 4:13). As jy die hele gebed opreg gebid het, het jy nou 'n nuwe geestelike dimensie betree. Dit is moeilik om te glo. Alles lyk nog presies dieselfde. Maar nie vanuit 'n hemelse perspektief nie. Die geestelike kontrak is beklink.
Bewys daarvan berus nie op jou gevoelens nie (soos of jy nou skuldig of gelukkig voel nie), maar dit berus by die integriteit van die Heilige Een. Hy het Sy Woord gegee (in die Bybel) dat wie ookal van sonde af wegdraai en na Jesus kyk om gereining te word, 'n radikaal nuwe bestemming het. (Johannes 3:36; 6:37; 14:6; Handelinge 4:12; Romeine 6:11-18; Filippense 3:8,9; Kolosense 1:20-22) God is geen leuenaar nie!
Terug na Inhoud
Ons desperate nood is nie vir slim argumente nie, maar vir 'n kragtige ontmoeting met die lewendige God. (1 Korintiërs 4:20) Ons het ook nie meer dramatiese tekens uit die hemel nodig nie, maar slegs om te reageer op dit wat ons reeds weet.
Die deur na geestelike begrip lê nie by menslike verduideliking nie, maar by bonatuurlike openbaring. Dit draai nie om gedagte speletjies nie maar om 'n gewilligheid om ons hardvogtige wil aan die Een wat ons beter ken as wat ons onsself ken, oor te gee. (Johannes 7:17; 2 Korintiërs 3:14-16; 4:3-4; 1 Korintiërs 2:4- 16; Lukas 10:21)
Die Bybel beloof: nader tot God en Hy sal tot julle nader. (Jakobus 4:8) Voordat ons nie reageer op die lig wat ons alreeds het nie, is dit onwaarskynlik dat God verdere inligting aan ons sal verkwis.
Met valse verskonings mag ons selfs onsself bedrieg, maar nie die Een wat alles weet nie. Dis nie ons wat besluit hoeveel bewyse ons nodig het nie: God besluit. Ons het ook nie die laaste sê oor wanneer God Sy geduld met ons verloor nie.
Op die oomblik bied God ons die grootste denkbare ondervinding met eindelose voordele aan. Dis ons enigste hoop en die Skrif sê Hy kan dit enige tyd terugtrek. (Romeine 2:3-6; 2 Petrus 3:9-11; Jeremia 11:10-11)
Dit is verstaanbaar dat jy 'n klompie onsekerhede het dis alles so nuut vir jou maar elke oomblik waarin jy die twyfel toelaat om jou van optrede te weerhou, is 'n enorme risiko. Die waagstuk is so skrikwekkend dat Christene dikwels huiwerig is om te sê omdat dit uit vrees is om as onrussaaiers ge-etiketeer te word. Ek doen dit ook, maar dit is die eenvoudige lesse van Jesus wat jy so desperaat nodig het. Die onsekerheid van die lewe en die realiteit van die hel, maak die tydperk wat jy besluiteloos bly gelykstaande aan aan die situasie van: om 'n bom wat enige oomblik kan ontplof in jou arms te hou. As jy maar net kon weet wat Jesus jou alles aanbied, sou jy skaamteloos daarvoor bedel.
'n Ander standpunt: Jou verskonings om nie 'n Christen te word nie mag flouer wees as wat jy besef. Jare gelede het sielkundiges die gevare van rook sorgvuldig aan rokers verduidelik. Later het hulle ontdek dat dat die wat aangehou rook het, verslag gedoen het dat hulle rook meer as ooit tevore geniet het. Klaarblyklik het die teenstrydigheid tussen hulle gedrag en wat hulle geweet het wat hulle behoort te doen, hul denke geforseer om die plesier van rook te oordryf. Netso kan huiwering om 'n Christen te word mense onderwerp aan sielkundige druk wat hul persepsie van die voordele of logika van om geestelike van Jesus geskei te wees, verdraai.
Terug na Inhoud
Goed so. As jy in 'n brandende gebou vasgekeer is, sal gedagtes oor ontsnapping jou nie na veiligheid bring nie. Wat nodig is, is nie net gedagtes nie, maar aksie. Die koue werklikheid is dat jou volgende hartklop nie gewaarborg is nie. Doen nóú wat jy kan.
Daar is geen doel daarin om te
dink: "Ek gaan nou my sondige lewe geniet so lank as wat ek kan, en wanneer ek
oud is, sal ek sê ek's jammer" nie. Dink jy regtig dat jy God kan bedrieg? Sulke
optrede bewys net dat jy net jou eie selfsugtige weg wil hê, en nie die hemel nie.
'n Ander standpunt: Die Skrif verklaar dat ons denke oor ander-wêreldse sake vaag sal bly tot ons die geestelike omskepping wat nét Jesus bied, ontvang het. Stem in om ontslae te raak van jou sonde, net soos Jesus ingestem het om met jou sonde bevlek te word. Vertou God om jou te behandel as so sondeloos as wat Jesus is, nes God die gekruisigde Jesus as so sondig soos jy behandel het. Geestelik, en nie noodwendig bewustelik nie sal jy onmiddelik herskep word. Dan het jy die res van die ewigheid om daaraan te dink die wonderlike gevolg oor wat met jou gebeur het, en jou te verheug in die eindelose voordele.
As jy jou lewe aan Jesus toevertrou het deur hierdie blad te lees kontak my asseblief sodat ek vir jou kan bid, en wat ookal kan doen om jou verder by te staan.
E-pos die vertaler, Elna Smit by afrikaan@net-burst.net (Afrikaans)
of E-pos die skrywer, Grantley Morris hot@net-burst.com (Slegs Engels)
Vir vele meer inspirerende, gevoelvolle, soms skreeusnaakse skrywes, vrylik op die internet beskikbaar by die volgende adres: www.net-burst.com Jy het vrylik ontvang, gee vrylik.
You Can Find Love What your fantasies reveal