Kan jy 'n alternatief voorstel? As God die menslike wil tot slaaf gemaak het, 'n
einde maak aan alle verkeerde dade, ons deur geweld forseer om ons te verhoed om
aan ons gunsteling sondes toe te gee, sou ons die eerstes wees om 'n vuis na Hom
te swaai.
Dit sou die hoogtepunt van skynheiligheid wees om dit te durf waag om God te kritiseer omdat Hy nie altyd tussenbeide tree wanneer tragedie opdoem nie. Keer op keer het elkeen van ons deur ons dade bewys dat ons nie wil hê dat Sy liefde en wysheid ons lewensstyl moet belemmer nie.
'n God van liefde wil hê dat die hele wêreld in liefde funksioneer, maar kan jy iemand dwing om jou lief te hê? 'n Onvrywillige aksie kan geen morele waarde hê nie. Dis slawerny. Waar sou die deugdelikheid in enige aksie wees as dit onmoontlik was om deugsaam te wees? Alles in die lewe sou betekenisloos wees.
Vir 'n ander siening, lees verder . . . OF . . . Keer terug na Inhoud
Ons sê daar is geen hel nie, en stel 'n nuwe stel rekords op met die tempo van selfmoorde. Ons noem Christelike morele standaarde outyds en skielik is dit oud-modies om die nuutste Vigs statistieke te ken. Ons vul ons hospitale met verwoeste liggame deur vrye gelagtelike verkeer en misbruik van middels. Probeer die koste van egskeiding, bedrog, luiheid, onverantwoordelike bestuursvernuf, diefstal, vandalisme, tronke, geregstelsel, en die polisiemag bereken. 'n Mens wonder hoe ons ekonomie so lank kan oorleef. Onberekenbare ellende is onvermydelik wanneer God se wette beskou word as neerdrukkende beperkinge eerder as liefdevolle uitdrukking van 'n Goddelike wysheid.
Ons verwerp God se wette, pynig mekaar, en het dan die vermetelheid om God te blameer vir die uiteindelike ramp. Alle swaarkry kan terug gelei word na die verkeerde dade van mense nie noodwendig die daad van enigiemand wat huidiglik lewe nie, maar iemand wat opsetlik God en Sy wyses verontagsaam het. (Daar is selfs 'n menslike skakel met natuurlike rampe).
Slegs 'n maniak sou dit waag om geregtigheid van God te eis. Alhoewel ons in ons eie modder vasgevang is, is daar die hoop om onsself te sien soos wat ons werklik is. As ons die eie ek 'n bietjie kan verwyder sou ons besef dat ons almal skuldig voor 'n Heilige God staan. Ons het elkeen tot die mensdom se pyn en verdriet bygedra.
Baie van ons sou tot uiterstes gaan, selfs om die Regter te beskuldig van onregverdigheid, in 'n onderbewuste poging om die aandag van 'n besmette gewete af weg te skuif. As ons God maar net kon beswadder en daardeur die gaping tussen Sy perfeksie en ons armsalige gedrag kon laat krimp, sou ons beter voel.
Maar daar moet 'n dag van afrekening wees. Alle boosheid moet verwyder word. Selfs die selfgeregverdiges eis dit al vir eeue, alhoewel hulle nie 'n idee het waarvoor hulle vra nie. Ons reaksie voor daardie wonderlike oomblik sal bepaal of ons daar sal wees om die boos-vrye omgewing te geniet.
Die lyding van die mensdom se enigste onskuldige (Jesus) het die weg laat opvlam vir die verwydering van alle lyding en wanneer Hy hierdie planeet weer sal kom besoek sal Hy sy sending voltooi. Maar hoe, sonder enige voortrekkery kan Hy alle boosheid verwyder sonder om jou en my ook daardeur te laat vernietig? Slegs deur ons wat Hom toelaat om ons geliefde sondes van ons weg te neem, en hom te vertrou om die afskuwelike gevolge op Homself te neem. Dan sal ons gespaar wees en niemand kan God beskuldig van ongeregtigheid of voortrekkery nie. Hy het self die straf gedra.
'n Ander beskouing van tragedies: Die gebulder van leunstoel filosowe verskil opmerklik van die bevindinge van mense met die mees intensiewe ondervinding van beide God en lyding. Die apostel Paulus, een van die mees gekwalifiseerde persone om ooit hierdie onderwerp aan te roer, het ontdek geen tragedie 'ons kan skei van die liefde van God nie' (Romeine 8:35-39) Vir amper 2000 jaar is hierdie swaar verdiende insig op die proef gestel deur die foltering van duisende Christen martelare wat in triomf geseëvier het, juigend in God se goedheid.
Gaan voort OF . . . Sien . . . "Wat maak van Paulus so 'n deskundige?"
Sluit alle tipes van beproewing in, en dit is geen oordrywing om te sê dat letterlik miljoene gely het, sonder dat hulle toewyding aan Jesus as gevolg daarvan afgeneem het. Inteendeel! Hulle dring daarop aan dat dit God se vertroosting, liefde en inspirasie was wat hulle die krag gegee het om uit te hou.
Eens
op 'n tyd het die wet van Aerodinamika beweer dat hommelbye nie kan vlieg
nie. Maar mense wat hommelbye geken het kon nie geflous word nie. 'n
Wetenskaplike verduideliking mag hulle ontwyk het, maar hulle weet hommelbye
vlieg. Netso is mense wat God werklik ken, selfs die wat soveel as wat menslik
onmoontlik is gely het, weet dat hulle weet: God se liefde is so net so ver bokant
enige begrip van die verstand, as Sy krag. Om insig hierin te kry mag dalk
nie wetenskaplik bevredigend wees nie, maar die werklikheid daarvan is deur
koue realiteit bewys.
Wanneer jy God ken, het 'n Nazi konsentrasiekamp gevangene gefluister, hoef jy nie te weet waarom nie. Die harte van duisende het in instemmend saam gebrand.
Hy het God werklik geken. Hierdie eens geweldadige teenstander
van die Christendom was intelligent, maar soos wat elke ongelowige weet,
wanneer dit daarby kom om met God kontak te maak, help intelligensie jou niks
meer as wat jou bankbalans jou help nie. (Lukas 10:21;
Markus 10:15; 1 Korintiërs 1:19-29) Apostel Paulus se interaksie met God
laat die geestelike ondervindinge van die superslimmes wegkrip tot nietigheid.
(Handelinge 9:1-24; 13:7-12; 14:8-11; 28:3-6;
Romeine 15:18-19; 1 Korintiërs 2:4-5; 11:1; 2 Korintiërs 12:1-10;
Galasiërs 1:10-20; 2:1-2,6-7; Fillipense 1:21; 2 Timoteus 1:3)
Min mense het soveel marteling verduur. Hy was belaster, verraai, geslaan,
gestenig, in die tronk gegooi, hy het skipbreuk gely met verwoestende
herhaling. (1 Korintiërs 4:11-13; 2 Korintiërs 11:23-29)
Paulus
se greep op die reinste liefde voltooi sy geloofsbriewe as 'n
outoriteit op die verhouding tussen God se liefde en lyding.
(1 Korintiërs 13) Hy was onaangeraak deur sopperige oorgevoeligheid of
ander geveinsde vorms van liefde.
Al verag jy elke Christen op die planeet, kan jy nie hierdie heilige man wegwys nie. Hy het ontdek dat die realiteit van leiding nie die oneindigheid van God se kragtige liefde verminder nie.
Hierdie inligting het nie op 'n goedkoop manier na Paulus gekom nie, en hy het besef dat dit nie net deur woorde alleen aangestuur kon word nie. (Efesiërs 3:17-19) Intensiewe ondervinding, gebed, en 'n intieme verhouding met God is die gewone prys.
Terug na Teks OF Terug na Inhoud
E-pos: Elna Smit (vertaler) afrikaan@net-burst.net (Engels of Afrikaans)
E-pos: Grantley Morris (Outeur) hot@net-burst.com (English)