Christene ondersteun die beskadiging
van die natuur
Jesus het geleer dat 'n enkele mossie, slegs een van miljoene, nie God se aandag ontglip nie. Boonop het Hy dit benadruk dat 'n enkele persoon van nog groter waarde is. (Lukas 12:6-7,24; Matteus 12:11-12) Jesus het mense verhoog, en hulle nooit tot die vlak van diere verlaag nie. Christene het dus 'n liefde vir die natuur, en tog so anders as die westerse godsdienste, sou hulle nooit 'n rotte plaag ongekontroleerd toelaat, en daardeur menslike hongersnood veroorsaak en siektes versprei nie. Jesus bring alles in perfekte balans.
'n Verhoogde waardering vir die natuur is 'n algemene byproduk van Christelike bekering. Christene skep behae in die natuur omdat dit die handewerk van die God is wat hulle vereer. Die verlies van 'n enkele spesie is die verlies van 'n unieke manefistasie van God se geniale kreatiwiteit.
Ek het al in werksplekke die gekrabbel van kinders van trotse ouers uitgestal gesien. Liefde weerspieël in 'n kosbare kunswerk, 'n gekrabbel wat meeste mense sou vertrap. Die natuur ondergaan 'n soorteglyke opgradering wanneer daarna deur die oë van Christene, wat die Een wat die natuur geskep het liefhet, gekyk word.
Onchristelike godsdienste word so min in die westerse wêreld verstaan dat dit nie algemeen bekend is dat in skille kontras met die Christendom, baie godsdienste leer dat alles fisies 'n illusie is nie, en dat ander beweer dat elke fisiese ding boos is nie. En natuurlik sien ateïste die natuur as die produk van breinlose kans. Waarom deur die pyn gaan om 'n ongeluk of 'n illusie of iets boos te bewaar? En godlose filosofie leer dat vooruitgang deur die oorlewing van die sterkste kom. (Bv uitsterwing van die swakste). As daar vir miljoene jare so baie goeie dinge gekom het van blote kans en van die sterkere vervang die swakke, waarom skielik die reëls verander?
Beskerming van die omgewing maak soveel sin dat baie ongelowiges aan boord gaan sonder om eers op te merk dat dit bots met hul basiese geloof nie. Christene egter het hierdie geloof in die hart. Jesus se volgelinge verwerp hebsug en die 'mag is krag' mentaliteit. Hulle beklemtoon die beskerming van die swakkeres en die onbeskermdes en hulle verhef die fisiese ryk, en dring daarop aan dat dit goed is en dat die natuur netso veel 'n werk van God is as wat ons siele is. Die Bybel begin met God wat die mensdom die verantwoordelikheid gee om die natuur op te pas. (Genesis 2:15) Dit dui ook daarop dat die natuur so belangrik is dat die finale uitslag van die dood wat Jesus gely het nie net tot redding van elke persoon wat dit sal aanvaar sal wees nie, maar ook van die herstel van die natuur. (Romeine 8:19-23)
Omgewings en humanitêre sake wys dat Christelike geloof die realiteit so goed bymekaar laat inpas dat selfs ongelowiges hul eie oortuigings weerspreek en optree asof hulle glo die Christendom is reg.
Vir die geestelike sy van ekologiese probleme, lees verder OF Keer Terug na Inhoud
Ons misdaadsyfer en ons ekologiese krisis is verskillende manefestasies van dieselfde probleem.
Die mensdom, in konflik met die Skepper, is in konflik met die Skepper se handewerk die natuur. Die mens se verwerping van God het die natuur oorgelewer aan ons mededinging in plaas van dié van getroue kneg.
In Sy menslike perfeksie het Jesus die outoriteit oor die natuur ten toon gestel. Hy het op 'n wilde donkie gery, 'n storm gekalmeer, Hy het 'n vyeboom laat opdroog, Hy het die wonderbaarlike vangs van visse beveel. (Matteus 8:23-27; 17:27; 21:19-21; Lukas 5:4-9; 19:30,35; Johannes 21:5-6) Hy het deur 'n bevel geregeer en nie ongevoeligheid nie. Hierdeur het Christus die manier gedemonstreer waarop die mensdom oor elke ding op aarde moes regeer. (Hebreërs 2:8-9)
Die mensdom se gedelegeerde outoriteit oor die natuur het afgehang van die mens se ondergeskiktheid aan God die hoogste Outoriteit. As die mens aan God gehoorsaam was, sou die natuur aan die mens gehoor gee. Om die tragedie te verstaan, dink aan die mag van 'n polisieman. Terwyl hy ondergeskik is aan sy hoofde, luister mense na hom. Maar sou hy rebelleer sou hy uit die polisiemag geskop word en mense sou sy opdragte geïgnoreer het. Om mense tot gehoorsaamheid te dwing sal hy hom tot geweld moet wend. Van daardie noodlottige dag af toe Adam die mensdom se heilige verbintenis met die Skepper verbreek het, het hy en sy nageslag, net soos die gevalle polisieman in ons illustrasie net met geweld kon regeer. Mense maak wurms, vlieë, onkruid, ens. dood. Soos 'n mishandelde kind krimp die natuur ineen weens foltering deur die hande van sy sondige heersers. As onderdrukkers buite beheer is, is dit geen wonder dat die natuur ook gereeld buite beheer is nie.
Alhoewel indiwidue deur Christus die uitmekaar geskeurde eenheid met die Here van die skepping kan herstel, laat God in Sy liefdevolle geduld steeds toe dat mense Hom verwerp, en so duur die natuur se ellendes voort. Dit sal eindig wanneer Christus weer kom, en alle boosheid uit sal wis, en die natuur sal vernuwe (ons eie liggame ingesluit). Dan sal alle ongelukkigheid verdwyn, en daarmee elkeen wat teen Christus se reëls gekant was. (Romeine 8:18-23; 2 Petrus 3:9-13)
Dat enigeen so iets kan doen lyk onmoontlik todat ons die werklike identiteit van die Persoon ontdek wie se aankoms op ons planeet die aarde se kalenders in twee verdeel het. Alhoewel bekend vir Sy menslikheid, het Hy geprofeteer dat Hy die mensdom se enigste hoop is. Sy verregaande bewering het duisende aangehits. Hy het Sy woorde gerugsteun deur liggaamlik van die dood af terug te keer.
Hierdie saak is te belangrik om iemand anders jou dinkwerk te laat doen. Bestudeer Jesus se onverklaarbaar perfekte lewe, en kyk of jy nie tot die slotsom kom dat Hy die ware Seun van God is deur wie en tot wie alle skepsels oorspronklik gemaak is nie. (Kolosense 1:16-17)
17. Christene is dweperig, rassiste, seksiste en homofobies
18. Godsdiens het oorloë en uitbuiting ontlont
19. Christene het 'n lae dunk en negatiewe uitkyk op die mensdom
20. Wat van al daardie mense wat nog nooit van Jesus gehoor het nie?
21. Dit maak nie saak wat jy glo nie, solank jy net eerlik is
E-pos die vertaler, Elna Smit by afrikaan@net-burst.net (Afrikaans)
of E-pos die skrywer, Grantley Morris hot@net-burst.com (Slegs Engels)
Vir vele meer inspirerende, gevoelvolle, soms skreeusnaakse skrywes, vrylik op die internet beskikbaar by die volgende adres: www.net-burst.com Jy het vrylik ontvang, gee vrylik.