Wat maak Paulus so 'n deskundige?


    By Grantley Morris


    * Hy het God werklik geken. Hierdie eens geweldadige teenstander van die Christendom was intelligent, maar soos wat elke ongelowige weet, wanneer dit daarby kom om met God kontak te maak, help intelligensie jou niks meer as wat jou bankbalans jou help nie. (Lukas 10:21; Markus 10:15; 1 Korintiërs 1:19-29) Apostel Paulus se interaksie met God laat die geestelike ondervindinge van die superslimmes wegkrip tot nietigheid. (Handelinge 9:1-24; 13:7-12; 14:8-11; 28:3-6; Romeine 15:18-19; 1 Korintiërs 2:4-5; 11:1; 2 Korintiërs 12:1-10; Galasiërs 1:10-20; 2:1-2,6-7; Fillipense 1:21; 2 Timoteus 1:3)

    * Min mense het soveel marteling verduur. Hy was belaster, verraai, geslaan, gestenig, in die tronk gegooi, hy het skipbreuk gely met verwoestende herhaling. (1 Korintiërs 4:11-13; 2 Korintiërs 11:23-29)

    * Paulus se greep op die reinste liefde voltooi sy geloofsbriewe as 'n outoriteit op die verhouding tussen God se liefde en lyding. (1 Korintiërs 13) Hy was onaangeraak deur sopperige oorgevoeligheid of ander geveinsde vorms van liefde.

    Al verag jy elke Christen op die planeet, kan jy nie hierdie heilige man wegwys nie. Hy het ontdek dat die realiteit van leiding nie die oneindigheid van God se kragtige liefde verminder nie.

    Hierdie inligting het nie op 'n goedkoop manier na Paulus gekom nie, en hy het besef dat dit nie net deur woorde alleen aangestuur kon word nie. (Efesiërs 3:17-19) Intensiewe ondervinding, gebed, en 'n intieme verhouding met God is die gewone prys.


    Back