This webpage is also available in Advanced English, Easy English, French, Spanish

    Wat sal dit my baat?

    Fireworks Jy is reg om ‘n geloof met ‘n lys van moets en moenies, of ‘n samekoms van suurgesigte, self-regverdigende Bybel slaners, te verwerp. Jesus sou dit ook verwerp het. Enigiets waarby Jesus betrokke is, is lewendig, bevrydend, deernisvol, kragtig en bonatuurlik.


    Mense laat vaar Christenskap op die basis van ‘n sydelingse blik. Soos ‘n klein seuntjie wat vas oortuig is dat hy dit altyd sal haat om gesoen te word. Om Jesus te ken is wonderliker as wat die ongelowige ooit kan droom.

    Alle smagtinge is ‘n hunkering na Jesus, het iemand wat die uiteindelike avontuur geniet het, ontdek. Die liefde, opwinding, uitdaging, vervulling en begrip waarna ons smag is te vinde in dié Een wat ons gemaak het.

    Jesus het die geestelike ervaring vergelyk met ‘n verborge skat. Miljoene stap daarby verby sonder om ooit te vermoed watter wonders onder die oppervlak lê. Enigeen wat egter die ontdekking maak, sou dit gretig verruil vir enigiets wat hul voorheen as kosbaar geag het. Dis soos om snuisterye te verruil vir vragte vol diamante.

    Om te poog om ‘n beskrywing te gee van die voordele van geestelike eenheid met Jesus klink so geveins en selfgesentreerd soos om die ontvangs van ‘n goue ring te lys as ‘n voordeel deur met die mees wonderlike persoon getroud te wees. Dis soos om die mees gesogte, kosbare blom uitmekaar te pluk en die stukke aan die hoogste bieër te bied. Meer nog, dit klink na ‘n spul twak – net te goed om te glo. Dit is te wagte. Ons is gemaak om die God wat ons gemaak het te geniet, dus is dit kwalik verbasend dat ‘n verhouding met Hom ons diepste verlange sal vervul. Nogtans klink dit steeds té goed om waar te wees.

    ’n Paar van die gevolge deur een te word met die Een waarvoor ons gemaak is, is:

    * Die opwinding van ‘n lewe van ekstase, as God jou verby die punt neem van dit waartoe jy menslik in staat is.

    * Goddelike krag om die onbeminlike lief te hê, om met destruktiewe gewoontes te breek, om groepsdruk te weerstaan, en om swakhede soos, woede, hebsug en selfsugtig te beheer.

    * Om aan die wenkant te wees – die voor-die-hand-liggende gevolg van om dié God van oneindige krag en wysheid in jou lewe te hê.

    * Die hoogste sekuriteit om te weet jy is vir ewig geliefd, en dat niks, nie eers die dood jou van dié eindelose vreugde kan beroof nie.

    * Die wete dat jy van die allergrootste belang is vir die mees belangrike Persoon in die heelal.

    * Om die Persoon wat nie net simpatiseer nie, maar wat elke swakheid en triomf van jou ken, as jou beste vriend te hê. Wat elke gedagte van jou ken, weet van elke ondervinding wat jy beleef, van die oomblik dat bevrugting plaasgevind het. Hy ken jou donkerste geheim, jou teerste droom, en is aan jou verbind met onwrikbare oorgawe.

    * ‘n Veeleiseinde, uitdagende lewe, met die grootste krag wat bestaan, om jou gewillig en bekwaam te maak om te kan presteer.

    * ‘n Splinternuwe begin in die lewe.

    * Die opwinding om te weet dat jy nou dinge van ewigheidsbetekenis kan bereik.

    * Betrokkenheid in die grootste denkbare goeie. Bereiking van jou grootste potensiaal. Om die rede waarom jy bestaan te vind en te verwesenlik. Om die lewe ten volle te lééf.

    * Toegang tot die geestelike dimensie. Bonatuurlike drome, visioene, wonderwerke, besoeke van Engele, en ander besonderse geestelike ondervindinge is moontlikhede.

    * Om in vrede met God te wees. Om nie langer van die realiteite af weg te hardloop nie.

    * Die lewenslange geleentheid om die Gewer van alle goeie en lieflike dinge, wat enigeen nog ooit geniet het, lief te hê en te bedank.

    * Die vryheid om in die spieël te kyk en te weet dat, ongeag jou verlede, jy nou vlekkeloos in die oë van die Heilige God is.

    * Om te weet dat God besig is om in jou en jou omstandighede te werk om jou meer en meer soos Jesus te maak.

    * Antwoorde op gebed.

    * Vreugde, vrede, en vervulling, elk wat so ver bokant enigiets anders is, dat dit onbeskryflik is.

    * Bevryding van die eindelose marteling van die hel.

    * Nie eers al God se onvergelykbare geskenke kom naby die ekstase om die mees opwindendste Persoon te geniet en te ken nie. Hy is so spesiaal dat om vir Hom lief te wees die mees natuurlike uitvloeisel is wanneer jou Hom werklik leer ken.

    8. Die wetenskap het Christenskap mank gelaat

    9. Aangename amper-dood ondervindinge van nie-Christene weerlê Christenskap

    10. 'n God van liefde sou my nie hel toe stuur nie

    11. Ek het God nie nodig nie

    Meer Besware

    Vir ander onderwerpe in Afrikaans sien

    Hierdie bladsye in maklike Engels (Easy English), French (Français), Advanced English


    E-pos die vertaler, Elna Smit by afrikaan@net-burst.net (Afrikaans)

    of E-pos die skrywer, Grantley Morris hot@net-burst.com (Slegs Engels)