Mense dink dat hulle Christenskap verfoei terwyl hulle bloot aspekte van
'kerkskap' verwerp wat Jesus Homself ook sou verwerp.
Jesus het godsdienstige skynheiliges aangekla. As skynheiligheid jou naar maak is jy soos Christus, maar vir hierdie aanspraak om geldig te bly moet jy ook Jesus se denkwyse teenoor skynheiliges hê: Hy het hulle vergewe!
Mense kan ons baie seermaak, en as dit gebeur dat hulle hulself Christene noem, kan dit ons van Jesus afsit vir altyd. Emosioneel gesien is dit totaal verstaanbaar, alhoewel dit flou onder die lig van rasionele denke is. As Jesus se buitengewone verklarings egter waar is, is hierdie saak belangriker as die lewe self. Die gevolge om Hom te ignoreer is té katastrofies en die implikasies van om teenoor Hom te reageer is te oorweldigend om toe te laat dat emosies ons verneuk.
'n Hooftema in Jesus se leer (dit is selfs in die Onse Vader) is dat ons die wonderbaarlike herskepping kan geniet wat God se vergifnis gee, slegs tot die mate waartoe ons gewillig is om diegene te vergewe wat ons te na gekom het. Om oor die maan te spring mag dalk makliker wees as om sommmige mense te vergewe, maar as ons in opregtheid na Christus toe kom, sal Hy die wonderwerk bewerk om ons vry te maak van slawerny van bitterheid en ons die krag gee om die onvergeefbare te vergewe.
Vir 'n ander siening, lees verder . . . OF . . . Keer terug na Inhoud
Skynheiliges is mense wat voorgee dat hulle moreel beter is as wat hulle werklik is. Ware Christene gee voor om so sleg te wees dat hulle verdien om vir ewig na die hel gestuur te word. Sê jy hulle is selfs slegter as dit?
Christene is mense wat hulself as sulke morele mislukkings sien dat hulle na Jesus toe gekom het vir hulp en vergifnis. Om dit geestelik te kan maak, hang nie af van hoe populêr, of hoe oulik ons is nie, maar van hoe graag ons wil hê God oor ons lewens moet reageer. Of dit nou deur spitsvondigheid van die natuur is, of die manier waarop ons grootgemaak is om beminlik te wees is moeiliker vir sommiges van ons. Wat egter nou die belangrikste is, is nie waar ons nou is nie, maar waarheen ons oppad is. Alhoewel hulle kon begin lank nadat ongelowiges alreeds onderweg was, het mense wat Jesus in hul lewens toegelaat het 'n geestelike reis begin wat in wonderlike perfeksie sal eindig in die hiernamaals. En dít waarop hulle aandring, kom nie vanuit hul eie pogings nie, maar van 'n totale onverdiende womderwerk van God 'n wonderwerk vrylik beskikbaar aan enigeen wat die moed het om Jesus daarvoor vra.
Sonder om te besef dat opregte Christene so 'n lae dunk van hul eie moraliteit het nie, val ons hulle aan. Dit wat ons dryf om Christene te minag is nie soveel ongevoeligheid as wat dit 'n desperate poging is om die grille van ons eie gewetes te verdrink nie. 'n Gewilde, skaars bewuste tegniek om hierdie onderdrukte, maar neulerige gewete te onderdruk is om die naam van enigeen wat die voorkoms het van om moreel beter as ons te wees, met modder te gooi.
Vir 'n ander antwoord, lees verder . . . OF . . . Terug na Inhoud
Sal jy hospitale kritiseer omdat hulle vol siek mense is?
Jesus het sy twaalf dissipels gekies en hulle sonder voorbehoud liefgehad, terwyl hy geweet het dat een van Sy sogenaamde beste vriende, Judas, so skynheilig was dat hy Jesus se moord sou reël. Die teenwoordigheid van die uiterste huigelaar, te midde van die binnegroepie, het nie miljoene mense deur die eeue heen gekeer om toegewyde Christene te word nie. Wat meer nog, wat van die leier dissipel Petrus - hy was ook 'n huigelaar! Hy het gesweer hy sou getrou aan Jesus bly, ongeag wat, en binne ure het hy gesweer dat hy Jesus glad nie ken nie. Jare later het die Apostel Paulus Petrus van verdere skynheiligheid beskuldig. (Galasiërs 2:11-14) Maar Paulus en ander Christene was van sterker goed aanmekaar gesit, as om te probeer om mislukking van Christene as verskoning vir weifelagtigheid in hul eie toewyding aan Christus te gebruik. Hulle het geweet dat om te vergewe is om te handel soos Jesus. Iemand het die volgende uitwerk: As jy toelaat dat 'n huigelaar tussen jou en God staan, raai wie is die naaste aan God?
Steeds 'n ander antwoord: Die moeilikste ding omtrent veroordeling van huigelary is dat dit net so skynheilig is om die wat nie die leerstellings van Christus volg nie te veroordeel, maar tog steeds self nie die leerstellings te volg nie. Een van die fundamentele leerstellings is juis dat ons ons kritiese oë van die sonde van ander moet wegneem, en moet konsentreer op ons eie kroniese nood vir Jesus se vergifnis. (Matteus 7:1-5; Lukas 6:37; 18:11-14)
Alhoewel dit ontstellend maklik is om mense se motiewe verkeerdelik te beoordeel, is dit
my raaiskoot dat baie mense dokters word, vir die geld. As ek egter siek is,
sal ek nie die dodelike risiko loop om my punt te bewys nie!
'n Ander sienswyse: Ontken dit as jy moet, maar duisende martelaars het aanspraak daarop gemaak dat hulle alles opgegee het vir Christus, selfs hulle laaste druppel bloed. As elkeen vals was, het jy steeds nie 'n verskoning om nie 'n Christen te word wat jy van ander verwag om te wees nie.
Jy weet jy is nie verantwoordelik voor God vir die aksies van ander nie. Jy is egter verantwoordelik vir jou eie aksies en veral vir jou reaksie teenoor Christus wat aangebied het om aan die kruis te hang vir jou ontwil!
Terug na Inhoud
Daar is nie nog so 'n spektakel soos 'n selfgemaakte persoon nie. Ons het nie besluit om gebore te word nie en ons kan nie eers ons nageslag se vingerafdrukke ontwerp nie. Die Een wat alles gemaak het, besit alles. Elke molekule in jou liggaam asook alles wat jy in jou sak gedruk het alles wat jy al ooit gebruik of misbruik het behoort aan God. En aan Hom moet jy rekenskap gee. Oordeel sal op Sy terme wees, nie ons s'n nie.
Met berekenbaarheid kom waardigheid. Om ons te behandel nie as verantwoordelik vir ons dade nie, sou wees om ons onmenslik te behandel.
16. Christene ondersteun omgewings vandalisme
17. Christene is dweperig, rassiste, seksiste, en homofobies
18. Godsdiens het oorloë en uitbuiting ontlont
19. Christene het 'n lae en negatiewe uitkyk van menslikheid
20. Wat van al daardie mense wat nog nooit van Jesus gehoor het nie?
E-pos die vertaler, Elna Smit by afrikaan@net-burst.net (Afrikaans)
of E-pos die skrywer, Grantley Morris hot@net-burst.com (Slegs Engels)