Padda + Kans + Miljoene jare = Aantreklike Prins (wetenskap)
Volgens definisie weet niemand wat buite hul klein sirkel van kennis lê nie. Om te beweer dat jy weet dat daar geen God is nie, is om daarop aanspraak te maak dat jy elke deel van elke wêreld, asook elke dimensie van die heelal, deeglik, en met 'n onfeilbare metode ondersoek het. Dié onfeilbare metode sluit natuurlik die opsporing van elke nie-fisiese entiteit ook in. Die bewering dat God die inisiatief geneem, en besluit het om Homself aan mense te openbaar, is nie naastenby so ongelooflik nie.
Moenie soos 'n blinde persoon wees wat homself probeer oortuig dat omdat hy nog nooit kon sien nie, almal wat sê dat hulle wel kan sien, verkeerd is nie. In die koninkryk buite jou ondervindingsveld, kan wonderlike dinge plaasvind selfs 'n God wat gereed is om jou onsensitiwiteit teenoor Hom aan skerwe te laat spat.
Is jy gereed vir die mees waaghalsigste avontuur? Probeer die volgende sê:
Daardie gebed maak die mees opwindendste moontlikhede in die heelal oop.
Uiteindelik kom elkeen tot die slotsom dat daar altyd iets was wat bestaan het, dit kan gas, God, of 'n totale heelal wees. Elke fisieke voorwerp wat ons nog ooit gesien het, neig om tot niet te gaan. Daar is selfs 'n wetenskaplike wet die tweede wet van termodinamika wat dit verklaar. Wat ookal dus altyd bestaan het moet radikaal anders wees as enigiets wat ons nog ooit gesien het soos God, byvoorbeeld.
Terug na Inhoud
Onder die voorwendsel van
om 'n hoë agting vir God te hê, eindig mense soms daarin om God as swakker
as mense uit te beeld. 'n Onpersoonlike krag beter vergelykbaar met 'n masjien
of gravitasie, as die Skepper van almal van ons. Die geheime bekoring van hierdie
veronderstelling is dat dit makliker is om 'n newelagtige krag te ignoreer as 'n God wat
dink, en voel en oordeel. As ons kan voel en liefhê, kan ons Maker dít, en meer doen.
As God vir sommiges onpersoonlik voorkom, stel dit nie die oppervlakkigheid van
God voor nie, maar die oppervlakkigheid van ons verhouding met Hom. God is warm.
Sy standaarde is soos graniet. Sy hart is sag.
Terug na Inhoud
Jy mag genoeg rede hê om die persoon wat jy dink God is, te haat, maar is daardie 'God' werklik God? Jou woede voel geregverdig. Ons kan oneindige wysheid geensins beter verstaan as wat 'n baba sy moeder kan verstaan nie. Wat daarvan as jou gegriefdheid teenoor God dieselfde is as 'n ernstige siek kind wat die dokter byt, omdat hy hom verbeel dat hy die oorsaak van sy lyding is, in plaas van sy enigste hoop op herstel? Wat 'n tragedie as jy toelaat dat die feit dat jy nie 'n onbeperkte IK het nie jou beroof van die grootste bron van behaaglikheid.
God huil. Niemand was in 'n leeftyd ooit so verag, misverstaan, sonder oorsaak so gehaat, elke oomblik van elke dag, deur miljoene mense, soos God nie. Elkeen wat Hy liewer het as wat ons ooit sal kan begryp. Niemand is nog ooit so diep deur menslike foltering geraak as die Skepper nie. Niemand is so bewus van menslike lyding as God nie, en niemand het lief met die intensiteit waarmee God liefhet nie. Jou pyn vererger ook Sy pyn.
Selfs al sou die oorsaak blyk buite menslike invloed te wees, kom alle hartseer nie uit God se wil nie, maar vanuit rebellie teenoor God se wil. Daar is baie dinge wat vir ons onduidelik en onbekend is, die nie-fisiese koninkryk, die ingewikkelde kettingreaksie wat aan die gang gesit word- van persoon tot persoon, generasie tot generasie, wanneer enigiets ookal gebeur. Relatief tot die Alwetende Here, is ons net so kortsigtig soo Koning Midas wat wou gehad het alles wat hy aanraak moet in goud verander. Ons het ook nie die vaagste benul wat die gevolg van ons wense gaan meebring nie.
Vergeefs meet ons met ons klein breintjies kragte teen die Oneindige brein, en gebruik ons die breinselle wat Hy ons gegee het om Hom te probeer oortref. As God se manier nie altyd vir ons sin maak nie bevestig dit maar net dat ons gekombineerde breinkrag nie in staat is om 'n enkele melkweg te verlig nie. Ons verwar gedurig 'n goeie lewe met 'n gemaklike lewe. Gereeld gly deugsaamheid deur as ons prioriteit. Uit noodsaak moet God se liefde soos dié van 'n wyse ouer wees met die fokus op dit wat goed is vir die langtermyn, selfs teen die prys om sy eie hart aan flarde te hê deur die klein gedagtes van mense wat Hy liefhet, rasend te maak. Sy doel is die heel beste vir die hele mensdom. Nie enige korttermyn voordeel wat op niks uitloop nie, of daarin eindig om iemand anders te benadeel nie.
Alhoewel ons in geringe mate insig in God se wysheid kan kry, waar al ons pogings misluk, het ons die sekuriteit om te weet dat ons verdriet soos 'n dolk deur die hart van die Almagtige Here steek. Dit is die fundamentele bewys dat, verberg binne-in die intellek van die Almagtige God, is 'n vindingryke, met rede met liefde gevul om dit toe te laat.
Terug na Inhoud
Met ander woorde, as ons aan God ongehoorsaam is, is dit God se skuld.
As jy besware teen God het omdat Hy jou die reg gegee het om Hom te bedroef, dan verwerp jy daardie reg. Vra God om jou te lei soos 'n meester sy slaaf lei. Laat Jesus toe om jou lei skoon te vee, en jou geestelik te vernuwe. Elkeen sal daarby baat.
8. Die wetenskap het Christenskap mank gelaat
9. Aangename amper-dood ondervindinge van nie-Christene weerlê Christenskap
10. 'n God van liefde sou my nie hel toe stuur nie
E-pos die vertaler, Elna Smit by afrikaan@net-burst.net (Afrikaans)
of E-pos die skrywer, Grantley Morris hot@net-burst.com (Slegs Engels)