Wetenskap het die Christendom mank gelaat
Niemand kan dink dat 'n Almagtige God nie in staat kan wees om prosesse te gebruik, of onbevoeg kan wees om groot getalle ingewikkelde, op die oog af onbenullige gebeure, te beheer nie. Vroeë Christene, weens gebrek aan moderne wetenskap was net so bewus van die bevrugting van 'n baba as vandag se generasie wat lyk of dit die effek van toevalligheid en menslike grille is. Dit het nog nooit Christene in verleentheid gebring as die ontwikkeling van 'n fetus deur die samevoeging van twee selle die feit omvergooi dat die uiteindelike lewe, 'n werk van God is nie. Of dat God onbekwaam is om iets goed te laat onstaan, selfs uit 'n 'anti-God' gedrag soos verkragting nie.
Met elke aksie van God is daar twee vlakke van verduideliking, een waartoe die wetenskap 'n bydra kan lewer. Dink byvoorbeeld na oor die volgende; toe Jesus vir 'n man gesê het om sy gebreklike hand uit te steek, en dit onmiddelik genees is. Wetenskaplikes mag die gebeure beskryf deur te verduidelik hoe die selle in die man se hand vermeerder het en daardeur die bloedvoorsiening verhoog het, ens. So 'n verduideliking, alhoewel akkuraat, sou die hele dimensie van die gebeurtenis mis! Die hand is herstel nadat Jesus gepraat het.
Dit is asof die wetenskap ons deur 'n elektron mikroskoop na 'n meesterstuk laat kyk (en so 'n besigtiging kan waardevol wees), waar die Bybel ons bekragtig om die hele groot prentjie te sien wat ons in staat stel om die wonderlike betekenis en doel van hierdie meesterstuk, wat ons die lewe noem, te verstaan.
Vir 'n ander siening, lees verder OF Keer terug na Inhoud
Ons
hoef net biochemiese wapens, breinspoelings-tegnieke en elektroniese inbreuk
op privaatheid te oorweeg om te besef dat wetenskaplike vooruitgang net ons eeu
oue dilemma: die menslike natuur vergroot. Vir die mees fundamentele probleem,
is net Jesus die antwoord.
Tegnologie het ook nie die feit van die dood verander nie. Jesus het nie net die parmantige aanspraak gemaak dat hy aan die mensdom die geheim van die Ewige lewe bring nie, maar hy het ook die bewys verskaf dat hy die dood deur Sy eie liggaam oorwin het, wat só dwingend was dat dit menige moderne twyfelaars teen die grond het. Na Sy gruwelike dood het Jesus lewend verskyn; geëet, kos gemaak, hy was aangeraak, hy't sy wonde aan twyfelaars gewys, met sy vriende gesels terwyl Hy kilometers gestap het. Honderde het Hom gesien. (1 Korintiërs 15:3-7; Handelinge 1:3-4; Lukas 24:13-43; Johannes 20:24-21:14) Meer onlangs nog het hoogs bekwame teenstanders van die Christendom, wat na bewyse gesoek het, met die enkele doel om Jesus se opstanding as 'n kullery of hallusinasie sou uitwys, so oorbluf gestaan oor wat hulle ontdek het dat hulle moes aankondig dat Jesus wel uit die dood opgestaan het. Soos daar nie verwag sal word dat die bewyse altyd so oorweldigend sou wees nie, stel ek voor dat jyself ondersoek instel. 'n Goeie plek om te begin is: The New Evidence that Demands a Verdict, edited by Josh McDowell, published by Nelson Thomas, Nashville, 1999.
Meeste van die verslae oor aangename naby-dood ondervindinge maak melding van 'n kennismaking met 'n wese wat liefde uitstraal. Geen onpersoonlike God kan liefhê nie. Dat God 'n persoon is wat selfs Sy vyande liefhet is 'n unieke Christelike konsep.
Hierdie blyk ook in teenstelling te wees met anti-Christelike gelowe, soos Karma, reïnkrinasie, en die uiteindelike bestemming van mens, om hul indiwidualiteit in nirwana te verloor.
Die Bybel sluit nie die moontlikheid uit dat ongelowiges aan die anderkang van die graf 'n paar oomblikke van aangename omstandighede sal hê voordat hulle weggeban sal word na 'n totaal ander omgewing nie. Die Bybel sê dat voordat ongelowiges in die poel van vuur gegooi sal word hulle eers voor God se troon gebring sal word. Dit is vermoedelik in 'n pragtige, hemelse plek geleë. (Openbaring 20:11-12)
Die Bybel sê, dat, omdat ongelowiges nie die geestelike verandering en beskerming geniet wat net Jesus kan bied nie, hulle veral vatbaar is vir geestelike misleiding. Hulle is onderwerp aan inmenging van die Bose een, wat hom voordoen as 'n Engel van die lig. (2 Korintiërs 4:4; 11:14-15; Johannes 8:44) Dit maak hul amper-dood ondervindinge uiters verdag.
Jy kan nie almal bedrieg nie: Dr. Maurice Rawlings het desperaat probeer om 'n posman se lewe te red. Die pasiënt, in en uit 'n toestand van kliniese dood, het aangehou skree dat hy in die hel was en by die dokter gepleit om hom in gebed te lei. Die posman se kennismaking met die hel was so oortuigend dat selfs die dokter se twyfel verdwyn het. Die man het hierdie episode oorleef en 'n Chriten geword. Hy kon die gebed herroep, asook hoe hy na sy liggaam vanaf 'n afstand gekyk het, tog kon hy niks van sy ondervinding in die hel onthou nie. Klaarblyklik was dit so afgryslik dat sy brein dit onderdruk het.
Navorsers het bevind dat omtrent 80% van bygebringde pasiënte niks rapporteer nie. (Wie sou dan nou ook daaroor spog om na 'n plek van skaamte en marteling gestuur te word?) Navorsers is dus verplig om 'n hoogs onverteenwoordigende voorbeeld te ondersoek, en met die menslike natuur soos dit is, sou 'n onbepaalde deel, van selfs hierdie, leuens wees. Volgens Dr. Rawlings het navorsers nie pasiënte persoonlik bygebring nie. Hulle moes daarmee tevrede wees om mense wat tyd gehad het om hul onaangename ondervindinge te onderdruk, te ondervra. Rawlings het gevind dat om onderhoude te voer met mense direk na ressusitasie, ewe veel goeie as slegte verslae opgelewer het. In die geval van selfmoordpogings het van die geressusiteerdes gerapporteer dat hulle bly is om te leef. Elke beskrywing van hy van hulle ingesamel het was 'hels'.
Die dokter het ook 'n ander man se ondervinding opgeteken. Die pasiënt se hart het opgehou klop. Dit was so afskuwelik dat hy oortuig daarvan was dat hy in die hel was. Dit het sy bekering tot gevolg gehad. Tog was die eerste gedeelte van sy ondervinding salig, swewend bokant sy liggaam, gelukkig, vol vrede en vry van enige pyn. As hy op hierdie stadium bygebring was, sou sy indrukke van die lewe na die dood totaal anders gewees het. 'n Groep mense het ook verslag gedoen oor 'n aanloklike lig aan die einde van die tonnel wat in helse vuur verander het.
Baie mense is so bevooroordeeld oor die bestaan helse ondervindinge dat Dr. Rawlings al op sodanige wyses verkeerdelik aangehaal is, wat suggereer dat sy navorsing aandui dat alle naby-dood ondervindinge aangenaam is. Hy is gereeld voor hy op 'n TV program verskyn opdrag gegee om nie die woord hel te noem nie.
Terug na Inhoud
Vladimir Nobokov het opgemerk: 'Die lewe is 'n groot verrassing, ek kan nie sien waarom die dood nie selfs 'n groter een sou wees nie.
Die hel is: God wat ongewillig aan ongelowiges hul wens toestaan.
Ten laaste is die lewe, en elke wenslike ding, wat elke molekule
van wat ons sien, voel, geniet, en misbruik van God af kom. Selfs die onbestendige
plesier van die sonde wat 'n misleidende skaduwee van die werklikheid is vasgegryp,
terwyl Hy selfs uitgedaag word, is net moontlik omdat die Seun van God sy haters liefdevol
geskep het met die vermoë om plesier te beleef.
Ongelowiges stoot Jesus eenkant toe, en tog in Sy oordadige liefde het Jesus aanhou gee en gee. Hulle wil nie hê dat Hy in hul lewens moet inmeng nie, maar tog hou Hy aan om Homself op hul afdwing, terwyl hy hulle met geskenke van lewe en plesier oorlaai. In die hel kry hulle uiteindelik wat hulle wou gehad het toestemming om geskei te wees van die Bron van alle goeie en pragtige dinge, tog is dit 'n skrikwekkende vooruitsig.
'n Ander siening: In die westerse wêreld skiet die konsep van 'n God van liefde so gereeld op dat ons die bron van hierdie gedagte vergeet. Die enigste manier om werklik te weet dat God liefde is, is deur die openbaring van Jesus en die Bybel. Beide waarsku ons in liefde en empatie oor die onverbiddelike realiteit van die hel.
13. Die kerk is vol skynheiliges
14. Christen supersterre is agter geld aan
E-pos die vertaler, Elna Smit by afrikaan@net-burst.net (Afrikaans)
of E-pos die skrywer, Grantley Morris hot@net-burst.com (Slegs Engels)