Mense sê soms dat hulle nie liefde nodig het nie. Hulle hoop dat dit 'n teken van krag is. Ongelukkig dui dit op 'n vrees om seer te kry, en die uiteinde daarvan is 'n leë lewe. Om te verklaar dat ons Jesus nie nodig het nie is dieselfde, en selfs meer tragies.
Niemand kan vir 'n milisekonde sonder God oorleef nie. Hy hou die totale heelal bymekaar, insluitend elke atoom in jou liggaam. Jy is soos 'n delikate vis in 'n akwarium, totaal onbewus van sy afhanklikheid omdat hy dink dit sommer deel van voedsel se natuur is om skielik elke dag net te verskyn, en dat die kwaliteit van die water, temperatuur, suurstof inhoud sommer vanself net reg is. Vir jare het jy soos 'n parasiet opgetree. Elke ding wat jy kon uit jou Skepper gesuig, en Hom min of meer behandel asof Hy nie bestaan nie. God in Sy goedheid het jou Sy vrygewigheid laat misbruik, om jou tyd te gee om tot jou sinne te kan kom. Jou uurglas is egter besig om leeg te loop.
Jy mag dalk 'n maand oorleef sonder om te eet (maar wie sou wou?). Om vir jare te leef, moet jy egter eet. Jy mag 'n 100 jaar oorleef sonder om jou lewe aan God te gee (alhoewel dit 'n tragiese vermorsing sal wees). Maar om vir ewig te leef, moet jy jou lewe aan Jesus gee.
Wel, hop hiernatoe sodat ons dit kan bespreek.
Meer nog as 'n kruk, is dit eerder 'n hele stel nuwe bene. 'n Lewende verhouding met Jesus laat elke ondervinding soos 'n kruk lyk. Dis die krag om probleme in die oë te kan kyk. Die transformasie is soos om 'n toestel met pap batterye in 'n nuwe kragbron in te prop.
Jesus vul die onvulbare leemte binne-in ons. Hy maak ons heel. Hy sorg vir ons diepste nood. As klaviere gemaak was om bespeel te word, is ons vir Jesus gemaak. Hy alleen laat ons volle potensiaal vry.
Alles wat enigeen nog ooit geniet het, het sy oorsprong in God se kreatiewe wysheid en vrygewigheid. Nes babas neem ongelowiges alles van God, en in die toppunt van selfsugtigheid gee hul, hul Maker nie eers soveel as 'n dankie in ruil nie. Om 'n Christen te word is om mondig te word. Dit is om jou verantwoordelikhede te aanvaar saam met die Een aan wie jy alles verskuldig is.
Todat ons nie ons geestelike ontoereikendheid in die oë kyk nie, is ons besig om ons oë te sluit vir realiteit soos ondergrondse werkers wat vir sonlig terugdeins; soos verbrande slagoffers wat spieëls stukkend slaan. (Johannes 3:19) Christene is heel gewone mense wat dit durf waag het om hul geestelike nood te konfronteer, terwyl die res van ons dit slegs vreesagtig onderdruk. Deur Jesus het hulle op een of ander manier die moed gekry om teen die stortvloed van populêre opinies druk toe te pas en totsiens te sê vir hul gunsteling sondes, en die wurggreep van amper lewenslange gewoontes. Hulle plaas hul lewens op die spel, en tot hul verbasing vind hulle God se warm teenwoordigheid.
13. Die kerk is vol skynheiliges
14. Christen supersterre is agter geld aan
15. Ek is niemand 'n antwoord skuldig nie
16. Christene ondersteun omgewings vandalisme
Meer besware
E-pos die vertaler, Elna Smit by afrikaan@net-burst.net (Afrikaans)
of E-pos die skrywer, Grantley Morris hot@net-burst.com (Slegs Engels)