deur
Hierdie webblad is ook in Engels (English), French (Français), German (Deutsch), Spanish (Español), Portuguese, Swedish (Svenska), Serbian) beskikbaar
As jy hierdie webblad nuttig vind, is dit omdat ek nutteloos gevoel het.
Dit is die dolk deur my hart wat my verbind aan die pyn binne-in joune.
Dis jare se teistering met vrae wat antwoorde openbaar gemaak het.
Het iets my pyn verdoof, sou jy nie nou hierdie webblad gelees het nie.
John Bunyan se geestelike foltertering was afgryslik. So hewig dat net 'n
paar van ons selfs kon begryp, jaar na jaar was hy keer op keer deur sonde
oorweldig, hopeloosheid en die oënskynlike sekere vooruitsig van 'n ewigheid
in die hel. Daarna het lang jare van wrede gevangenisskap gevolg,
vererger deur die gevaar van terregstelling of verbanning. Geen wonder dat Pilgrim's Progress
so 'n uitstaande kragtige boek is nie. Grootste gedeelte daarvan was in werklikheid
outobiografies.
Groot manne soos Whitefield en die Wesleys het geweldig swaargekry in hul
stryd om verlossing te vind. Whitefield se geestelike nood was so vernietigend dat
sy vastye amper sy lewe gekos het. John en Charles was so ontroosbaar
totdat hulle uiteindelik redding kon vind.
Spurgeon, wat geweet het wat dit beteken om pynlike siekte te verdra, het so gely in
sy soeke na redding dat hy geskryf het, 'Ek sou eerder deur sewe jaar van die mees
gevreesde siekte gaan, as wat ek ooit weer deur die verskriklike ontdekking moet
gaan van die boosheid van sonde'. Dis nie verbasend nie, hulle latere bedienings het
dit van amper alle Christene wat hierdie soort foltering gespaar is, uitgedoof.
Mark Virkler se marteling was sy onvermoë om God se stem te hoor.
Vergeefs het hy die hulp van dié gesoek wat God se stem gereeld kon hoor.
Hulle kon nie eers sy probleem verstaan nie. Vir hulle was dit net so maklik as
gebed. Jaar na jaar het Mark gestoei in die foltering van stilte. Waarom sou 'n Vader
wat verlang om met sy kosbare kinders te kommunikeer, hom toelaat om so
swaar te kry? Omdat, anders as hulle vir wie hoor maklik is, het Mark nou
antwoorde wat duisende na die "ander kant van stilte" weggevee het.
Trauma kwalifiseer ons vir bediening soos niks anders kan nie.
Nadat hy sy sig verloor het, het Dr. William Moon 'n gebed gebid wat kragtig verhoor
is: 'Here, help my on hierdie talent van blindheid in U diens te gebruik
'
Barbara Johnson het ontelbare menigtes bereik tot eer van Christus, as
gevolg van die verlammende gruwel van om van haar twee seuns deur die dood
beroof te word, en om toe 'n derde te verloor deur 'n gay lewensstyl, en haar man wat
kritiek beseer is.
Wie sou gehoor het van Corrie ten Boom of Richard Wurmbrand as
hulle nie in gevangeniskampe swaargekry het nie?
In plaas daarvan om jou geduld te toets met nog honderde voorbeelde, laat my
afsluit deur die voor die handliggende te sê: vir 'n ontsaglike menigte Christene
is die geestelike impak van hul lewens eweredig aan hulle stryd in hul verlede.
Situasies wat hulle die meeste sou wou vermy, die kere wat die dood verkieslik lyk-
het hul lewe oorheers soos geen ander ondervinding nie.
Jou grootste bydrae aan God en die mensdom mag vloei vanuit jou grootste swakheid.
Ander temas