deur
Hierdie webblad is ook in Engels (English), German (Deutsch), French (Français), Spanish (Español), Portuguese (Português), Swedish (Svenska), Danish (Dansk), Serbian beskikbaar
Reg voor hom lê blydskap en eer, en lang en vrugbare lewe, sy welvaart
vantevore, verdubbel, en vaderskap van 'n voortreflike nuwe familie.
(Job 42:11-17; vergelyk Job 1:2-3) Job het alles gehad om voor te lewe.
Die skadu van sy beproewing het soos 'n swart en bodemlose afgrond
oor sy lewe geval. Wankelend onder helse foltering, beroof van al sy kinders,
wreed van sy reputasie gestroop, al sy besittings weg, het Job die dood
begeer. So ver as wat die oog kon sien, was daar niks anders as pyn,
beskuldigings en wanhoop in vooruitsig nie. Job het niks gehad om voor te leef nie. (Job 3:1-26; 6:9, 11). Of so het almal gedink.
Agtervolg deur oorwinning,
Gedompel in somberheid.
Oorbluf deur 'n vloek,
Versmaad en verwerp.
Agtervolg deur wanhoop,
Gespot deur woorde van veroordeling.
My oë mag met trane gevul wees,
Maar nie deur vrees en angs.
Sukkelende vleuels sal uitspruit.
Die vertrapte wurm sal opstaan;
Herskep deur verlossende krag,
Gered deur die God van almal.
Nog deur niemand gesien:
Die geheime goddelikheid onderhou.
Hulle koggel en spot
Hulle weet nie dat;
Sukses langsaam kom;
Maar verseker kom.
Alles waaraan die Vader raak verander in goud.
Wat ander sê maak geen saak,
Die oorwinning is behaal;
Soos die Vader so ook die seun!
Gegrond op sy Woord;
Gebalsem deur liefde.
Deur sy arms omvou;
Gereinig en verwarm.
Alles wat ek benodig, geskenk
Geboei deur gedagtes van Bo:
Ek's bevry van angs,
Gekalmeer deur Hemelse Vrede.
Net soos wingerdlote, dra ons nie deurentyd vrugte nie. Dit sou onnatuurlik wees. (Prediker 3:1) Vir 'n perfekte gedeelte van sy lewe, is die wingerstok niks anders as 'n droë verdraaide stok, vrugteloos, nutteloos as timmerhout, vir alle doeleindes net goed om uit die grond geruk te word en tot as verbrand te word. Tog is daardie vrugtelose tye net so belangrik as die seisoen waarin dit vrug dra.
As lente op sy tone verby natuur kon glip sonder om dit in sy winter rus te steur; as die son deur die hemelruim kon glip sonder om die nag te verdryf; as reën op die grond kon val sonder om lewe in die woestyn te bring - slegs dan moet jy droë tye, donker tye, onvrugbare tye vrees. Al sou jy so nutteloos soos 'n pelsjas in gedurende 'n hittegolf voel, die tyd sal aanbreek dat jou warmte gekoester sal word. Daar is 'n seisoen vir elke ding.
Ons sou 'n hele biblioteek kon vul met stories van skouspelagtige, onsuksesvolle mans en vroue wat op die einde reuse bewegings van God aan die gang gesit het. Baie het hul oë in die dood gesluit sonder om die vrug te sien wat hul arbeid uiteindelik voortgebring het.
God het hierdie patroon reeds millenniums gelede gevestig: Sara het van niks anders as onvrugbaarheid geweet nie, vir negentig angsvolle jare lank. Tog het sy die voorouer van miljoene geword.
. . . vanuit 'n fassinerende
webboek propvol nuttige leesgenot
View the web bookFacebook? See Lets Help Each Other
Comments? Prayer Request?
Grantley's Mail Box (Slegs Engels):
depress@net-burst.com
Other exciting pages:
[Contents of this Series] [Much More!] [Bless & Be Blessed by Facebook] [Daily Quotes] [My Shame]
Not to be sold. © Copyright 1985-1996, Grantley Morris. May be freely copied in whole or in part provided: it is not altered; this entire paragraph is included; readers are not charged; if used in a webpage, the new page is significantly different to this one. Many more compassionate, inspiring, sometimes hilarious writings available free online at www.net-burst.com Freely you have received, freely give.
For use outside these limits, consult the author.