deur
Hierdie blad is ook in Engels (English), German (Deutsch), French (Français), Spanish (Español), Swedish (Svenska), Danish (Dansk), Serbian beskikbaar
Donker Seëninge
In God se wagkamer is die gordyne dikwels toegetrek. Dis opwindend om
vooruit te kan sien, maar geloof groei die beste in die donker. Die lewe in die
sonskyn is só verfrissend dat ons selde agterkom dat ons geloof begin kwyn.
Dit is wanneer dinge verdof raak, dat ons geestelike lewe opskiet.
God se heiliges het hoë hoogtes bereik terwyl hulle deur verbysterende
verwarring gestrompel het. 'Deur geloof,' sê die Skrif, 'Omdat Abraham, ... het
weggetrek, sonder om te weet waar hy sou uitkom.' (Hebreërs 11:8 -
outeurs nadruk) 'En nou gaan ek Jerusalem toe, daartoe gedring deur die
Gees, wat daar met my sal gebeur' het Paulus gesê, 'weet ek nie'
(Hand. 20:22 - outeurs nadruk). Die dissipels was gereeld óf verstom óf in
die duister deur Christus se woorde en gedrag. Die psalmskrywer, het
aanhoudend gevra, 'Waarom?' (Bv. Psalm 10:1; 22:1; 42:9; 43:2; 44:23; 74:1;
88:14). En te midde van sy lyding het Job nie 'n idee gehad wat aan die gang
was nie.
Duistere raaisels bring groot seëninge mee. Teen die einde van die jaar
waarin hy die dood van sy pasgebore seun gesien het, en toe die dood van sy
vrou en daarna aanvalle op sy eie gesondheid beleef het, het Hudson Taylor
geskryf: 'Dit was die hartseerste en geseënde jaar van my lewe'. Wanneer
dit sonnig is, wil ons hardloop en speel. Dis wanneer dit die donkerste is wat
ons die Vader se hand die styfste vashou!
In die duisternis, word kwaliteite soos geloof, deursettingsvermoë en
toewyding gestrek tot uiterstes wat ons nooit vantevore bereik het nie. Tog
blyk die lewe só verdrukkend te wees dat ons onbewus is van ons eie triomf.
In glorieryke omstandighede, kan oë van geloof vir ewig sien. Dit is wanneer
storms naderkom, dat dit 'n reusagtige taak vir dieselfde paar oë word om
selfs net effens deur die malende duisternis te priem. Dit is die
omstandighede en nie jy nie, wat versleg het. In teenstelling met elke gevoel
is jy nie besig om agteruit te gaan nie.
Alhoewel met die beste bedoelings aangebied, is baie sentimentele vaagheid geuiter oor om terug te keer na jou 'eerste liefde'; so asof die oë vol sterre,
geluksgevoel van nuwe Christene beter en waardevoller is as die volwasse
diepte van jou gemiddelde ouer Christen. Bogpraatjies! Meeste geestelike
wittebroders, is stralend hoofsaaklik omdat hulle dink dat hulle 'n geluksalige
wêreld binne getree het van byna-perfekte Christene, kits antwoorde op
selfsugtige gebede en 'n lewe vir ewig vry van pyn, hartseer en probleme.
Hulle liefde is eerder geneig om snuiter liefde te wees, betreklik tot die vuur
wat jou beweeg om dit deur te veg.
Moet nooit toewyding met emosie verwar nie. Dink by wyse van illustrasie,
aan die inherente gevare in die mees intieme menslike verhoudings.
Alhoewel in 'n romantiese verhouding, kan liefde en fisiese begeerte in
mekaar vervleg wees. Hartseer en tragedie tree vir elkeen op die voorgrond
wat hulle nie as aparte entiteite sien nie. Wat as 'n persoon se huweliksplanne
beheer word deur die onvermoë om te onderskei tussen liefde en seksuele
behoeftes. Wat as daar in 'n huwelik 'n verlies aan seksuele funksie gesien
kan word as 'n verdwyning van liefde? So 'n wanbegrip kan die hele
verhouding bedreig. Eweneens, in die geestelike ryk, sal onvermoë of
versuim om te onderskei tussen gevoelens en liefde vir God, ernstige
implikasies meebring.
Alhoewel ek vir emosionele uitbundigheid is, meet die Bybel liefde nie in
prikkels per sekond nie, maar om jou lewe op die spel te plaas. (1 Joh 3:16-
18) Dit is pyn wat in die vallei verdra is, nie klewerige gevoelens in die
naggloed van bergtop ekstases, wat liefde geldig verklaar nie. Jy is welkom
om geesdriftig te soek na die aangesig van God, maar moenie aanvaar dat 'n
emosionele doodsheid - 'n normale fase van enigeen se geestelike lewe -
geestelike doodsheid impliseer nie. Ons marseer in geloof, nie in warm
beneweldheid nie.
'n Atleet, besig met 'n rekordtyd wedloop, was nog nooit in sy lewe so fiks
en sterk nie. Tog mag sy gepynigde liggaam nog nooit so swak gevoel het
nie. Dis netso te midde van geestelike beproewing nie ongewoon om sterker
te wees, en tog swakker as ooit te vore te voel nie. Vir mede Christene mag jy
hopeloos voorkom. 'n Ultra marathon kampioen, strompelend teen die laaste
bult uit, lyk pateties. 'n Kind sou dit beter kon doen! Enigeen wat nie
verstaan wat hierdie man deurgaan het nie, sal ineenkrimp van afkeer. Slegs
iemand met al die feite sal verstom wees oor sy stamina soos hy verder aan
strompel.
Die lewe lyk hopeloos. Elke dag voel dit vir jou of jy al verder ineengestort
het. Om net 'n glinstering van geloof te behou in soveel duisternis, is 'n
asemrowende oorwinning. Dit mag alles vat wat jy het net om vas te klou.
Maar doen dit. Jy is besig om geestelike yster te pomp.
As jou bloeisel verlep, is dit sodat die vrug kan groei. Onthou die verlamde
man by die tempelpoort: hy het vir aalmoese gehoop en bene gekry. (Hand.
3:1-3). Skepper God is lief vir verassings. En Hy is lief vir jou.
Die wêreld sien ons plat geslaan in die stoeiring van die geloofsgeveg. Die
Hemel sien ons gevorm word op die aambeeld van die Groot Kunstenaar.
Half voltooide kunswerke lyk lelik. Al wat egter saak maak is die voltooide
meesterstuk. Vergeet voorkomste. Gee oor aan die Kunstenaar. Die
uiteinde gaan asemrowend wees.
Ander temas
Comments? Prayer Request?
Grantley's Mail Box (Slegs Engels):
depress@net-burst.com
Other exciting pages:
[Contents of this Series] [Much More!] [Bless & Be Blessed by Facebook] [Daily Quotes] [My Shame]
Not to be sold. © Copyright 1985-1996, Grantley Morris. May be freely copied in whole or in part provided: it is not altered; this entire paragraph is included; readers are not charged; if used in a webpage, the new page is significantly different to this one. Many more compassionate, inspiring, sometimes hilarious writings available free online at www.net-burst.com Freely you have received, freely give.
For use outside these limits, consult the author.