Diep binne ons is daar n leë kloof wat nie eers deur n honderd minnaars of minnaaresse gevul kan word nie, maar daar is nog hoop. Jou droom kan waar word.
Blywende liefde het baie van die mees benyde en gesogte mense in die
wêreld ontglip, maar vir U aan die ander kant, kan it anders wees.
Waag om te droom
Hoe beeldskoon moet n vrou wees voordat sy nie meer liefde nodig het nie?
Hoeveel keer het die algemene man nodig om vir Jackie De La Cruzz,
Michelle Mclean of Annelien Kriel nakend te sien om die pyn van
afkeer uit te sluit?
Dit maak nie saak hoe ons dit probeer versmoor nie, ons kan die behoefte aan liefde nooit ontsnap nie. Gedrags wetenskaplikes het gevind dat selfs mense wie amper eksklusief op onpersoonlike seks fokus pornografie, telefoonseks, fetisjisme, eensame seks, tentoonstelling, bestiality ens. is gewoonlik na hulle obsessie gedreif deur n behoefte aan liefde. (Hoe wreed is baie van die mense misverstaan?) [1]
Om verlief te wees, bygesê, is n gewaagde, potensiele sielpynigende ervaring. Ons mag wel met toe oë soen, maar verhoudings is skrikwekkend breekbaar. Skoonheid verlep, mense verander, sterf, of onenigheid kan so maklik vir ons van die een wat ons lief het, beroof. Hoe dieper ons liefde, hoe dieper ons onsekerheid.
Maar as werklikheid koud is, is drome te warm om aan hulle vas te hou. Ons passie blyk om so onvervulbaar te wees dat ons van hulle wegskram, maar hulle spook nog steeds by ons. Net vir n oomblik, verwyder die yster greep wat jou verlange in die tronkselle jou verstand in toom hou. Laat jou verlange vrylik dryf voor jou verbeelding, ongeag hoe onbereikbaar hulle mag voorkom, of durf waag om te sien wat hulle onthul.
Jy brand vir oneindige intieme; n metgesel wat jou nooit sal faal; n vriend wie altyd by jou kan wees, ongeag die uur of plek, die oomblik wat jy hierdie spesiale persoon wil hê.
Veels te veel word jy misverstaan. Jy begeer n minnaar wie in jou verstand kan inglip; ideaal, nie net iemand wie van elke trauma en triomf van jou geboorte af gehoor het nie, maar hulle saam met jou ervaar het. Jy het nodig om jouself te kan ontlaai aan n bewonderaar wie jou swartste geheime ken, maar nog steeds in jou genot vind met onveranderlike eerbied.
Waneer jy disnis geslaan word deur die lewe se houe, begeer jy iemand wie nie net hartelik verlang om in jou diepste behoeftes te voorsien nie, maar is altyd in staat om so te doen. Jy het n metgesel nodig wat so ervare is, dat wanneer krisis bo krisis volg, jy jou vriend kan vertrou om jou te troos, beskerm en na sukses aan te kan spoor. Jy wil nie versmoor word nie. Jy wileintlik iemand hê wat jou sal aanspoor om die hoogtes te bereik waarvoor jy gebore is.
Jy verlang na iemand wat nie verander nie; maar iemand waarvoor jy nooit
moeg sal word nie, iemand wat jou behoeftes so presies pas dat dit voel
asof julle vir mekaar bedoel is, iemand waarop jy altyd trots sal kan wees,
iemand wie se liefde vir jou so groot is dat dit altyd voldoen aan die vereistes, iemand
getrou, bv., oop en warm, maar tog so weerstand bied teen die stand van die
tyd, siekte en tragedie dat dit blyk dat hulle onsterflik is. Jy wil
nie hê dat die dood jou moet beroof van die een wat jy lief het nie. Dit kan jou dan laat
terug stort in ysige eensaamheid.
Daars hoop!
Geen mens op aarde is perfek nie, maar die smart sal bly. n Paar drome hou aan soek vir die onbereikbare hoogte van sterre-oog liefde, reik altyd na die perfekte verhouding. Die res van ons gooi tou op. n Mens moet God wees om aan ons kriteria te voldoen! Hoe sal hy kan help? Ons is vlees en bloed; God, as hy wel bestaan, is n vae, on tasbare Gees. Die ideë van n vriendskap met God is belaglik.
Of is dit? Binne die grense van die onbekende kan amper enige ding bestaan selfs n God wat regstaan om ons ongevoeligheid aan hom te verbreek. As daar wel intelligensie agter die skepper is, hoekom is ons met begeertes gemaak wat nooit gevul kan word nie? Is God n sadis, of is daardie verlange vir die ideale metgesel binne ons geplant want hy verlang om hulle te vervul deur jou mees intieme vriend te wees? Is dit moontlik dat God soms so onpersoonlik voorkom net omdat jy nie op goeie terme met hom is nie? As God onpersoonlik is, sal dit ons hoër stel as ons Skepper. Dis absurd. As ons kan praat, voel en liefhê, kan ons Skepper dit alles en nog meer doen. God is warm.
Maar God is n suurpruim! Of is dit sonde wat uiteindelik geluk bederf belowe te veel, maar liewer die babelaas, depressie, die ongewensde swangerskap, die siekte, die kanker, die afkeer, die pyn, die skande? Vra vir die sonde se slagoffers slagoffers van roof, geweld, afhanklikheid, egskeiding, haat, selfsugtigheid en naamskending of God se weg, geluk maak of doodmaak.
Maar God is vervelig! Werklik? Die God wie se krag en kreatiwiteit, die verbeelding oortref; wie se wonders onuitputbaar is? Sal dit nie n oneindige avontuur wees om verlief te wees op die een Persoon wat altyd die vermoë het om jou wildste drome te oorskry nie?
Hierdie opwindende Persoon, wie se oneindigende geselskap en onbeperkte krag bevoeg is om die onvulbare leemte binne ons te vul, is die perfekte vernoot na wie jy strewe.
Maar ek het iemand nodig waaraan ek kan raak.
God weet van al jou behoeftes.
Die voortreflike romanse
Jy word hartstogtelik bemin. In die oë van die een Persoon wie eintlik saak maak, is jy spesiaal. Vir ander mense mag jy net een van duisende wees, maar nie vir die Een wat jou gemaak het nie. Jy beteken so baie vir hom dat die verhouding wat God met jou wil hê, soos die perfekte huwelik waarin julle mekaar vir altyd kan geniet.
Om in die teenoorgestelde geslag te glo, maak nie dat jy getrou is nie. So nie gee geloof aan n credo ons nie die reg om met God te woon nie. Dit is nie genoeg om in die kerk se gang af te loop nie. Egte huweliksvoltrekking is om so in iemand voltallig te glo dat jy alles wat jy is en alles wat jy het, aan daardie persoon vir jou hele lewe toevertrou. Jou Skepper is gretig om so aan jou toegewy te wees, maar om die huwelik te laat werk, moet die verbintenis wedersyds wees.
As een van die straat-vroue met n millionêr moes trou, sal sy al die rykdom kry wat hy besit, en hy kry al haar skuld. Hy sal met haar skande gekonfonteer word en sy sal sy eer kry. Om dit te laat gebeur, sal sy van mededingende verwantskappe moet wegdraai en haarself en haar armsalige besittings aan hierdie man in die egverbintenis moet vasbind. Alles wat hy besit sal aan haar behoort solank sy alles wat sy besit aan hom laat oordra.
Net so, as ons alles wat ons het aan God toevertou ons tyd, vermoëns, verhoudinge en goedere sal hy met gelyke munt betaal, en ons omhul met godgeleerde spandabelrigheid. Ons handig ons onsedelikheid oor aan Jesus, laat vaar selfs ons geliefkooste dwaasheid. Dit word syne. Dis wat hom laat sterf het. In ruil daarvoor, omhul Jesus se sondelose volmaaktheid ons, wat ons in staat stel om op intieme terme met die Heilige God te wees.
As ons hierdie liefdes ooreenkoms aangaan, gee ons aan God die reg om te maak net wat hy wil met ons bates, maar as die Eienaar van die Heelal maak hy sy rykdom aan ons beskikbaar. Ons ruil ons talente, vir sy almag; ons probeer verskeie kere om ons lewens te bestuur, vir sy grenslose wysheid. Ons gee hom ons tyd op aarde en Hy gee ons die ewigheid.
Ons trek op elke manier voordeel uit hierdie voorstel en God kry die rafelkant,
maar God is verlief op jou. Hy wil hierdie heilige unie meer hê as wat jy
jou ooit sal kan verbeel. Moenie sy hart breek nie deur terug te hou nie en dan
die geleentheid laat verbygaan om aan die allerbeste menslike ondervinding
deel te neem.
n Huwelik is voorbeskik
Die volgende stem ooreen met trou-beloftes waarin jy jouself aan die Here gee, dus maak jy Hom jou God. In ruil daarvoor, maak die Koning van Konings jou waardig vir geestelike samesmelting met hom en verpand homself onvoorwaardelik aan jou. As die volgende stuk jou gevoelens akkuraat uitbeeld, kan jy dit jou gebed maak deur dit aan God te lees.
Dit maak my seer om te erken hoe selfsugtig ek is. Ek het jou leed aangedoen, maar U het nogtans jou Seun gestuur wie sy lewe gegee het en die dood oorwin het om my vergifnis te verseker.
U het U self totaal vir my gegee en ek verlang om te reageer op U oorweldigende liefde, deur alles wat ek het oor te gee om U te behaag. Van nou af neem ek U aan as my God. Ek sal U lief hê, eer en gehoorsaam. Ek gee my oor aan U liefdevolle beskerming en leiding. Ek gee my sonde oor aan U, versaak selfs daardie dinge wat my verloklik is. In ruil, ontvang ek U vergifnis, U reinheid, en U krag om n lewe te lei wat waardig is aan U.
Dank U dat ons nou n unie so uniek en kragtevol begin het dat selfs die dood dit nie kan breek nie.
Die bewys lê nie in jou gevoelens nie (soos of jy skuldig of gelukkig voel nie), maar in die integriteit van die Heilige Een. Hy het sy woord gegee (in die Bybel) dat wie ook al van sy sonde wegdraai en na Jesus kyk vir reiniging, het n radikale nuwe toekoms. God is nie n leuenaar nie!
As dit wel die eerste keer is dat jy regtig so n gebed ge-offer het, het jy onmiddelik verdere bystand nodig. Stuur n e-pos nou aan my. Ek wil jou graag beter leer ken, maar selfs die kortste e-pos laat my toe om vir jou te bid en ook meer inligting te stuur.
Druk
die ikon, of stuur n boodskap deur die metode van jou keuse na
afrikaan@net-burst.net Elna, vir Afrikaans Korrespondensie.
Druk
die ikon, of stuur n boodskap deur die metode van jou keuse na
love@net-burst.net om die Outeur, Grantley Morris te e_pos (Engels
alleenlik).
Die perfekte metgesel
In ouderwetse romans sou jeugdige minnaars die realiteit verlaat en hulle emosies en drome laat wild word. Geen verrassing, is hulle taal deur geestelike spreekwyse gevleg:
* Hy aanbid haar
* Jy is goddelik
* Hy is hemels
* Hy aanbid die grond waarop sy loop
* n Huwelik wat in die hemel gemaak is
Die hunkering diep binne jou sal ongevul bly totdat jy n
ontroerende en vervullende unie met die Een wat jou geskape het geniet.
God is die perfekte egenoot waarna jy hunker. Maar dieselfde volmaaktheid
laat
hom ontoeganklik word. Die Almagtige is ontsagwekkend heilig; onvergelykbaar
kuis; onbegryplik rein. Ons is nie. As die intensiteit
en reinheid van God se morale perfeksie as blindende lig gesien word, is ons
soos donkerte in vergelyking en donkerte kan in die teenwoordigheid van lig
nie bestaan nie.
Terug na realiteit
Ons kom dawerend terug na die werklikheid. Daar is n oplossing, maar om die prag te waardeer, moet ons die omvang van die probleem oorweeg. Dit is so onaangenaam dat ons instinktief daarvan wegskram soos grot-lopers wat van die sonlig terugdeins. Ons sal feite bootlê wat die grense van ons vermoëns om met die werklikheid te stoei, sal uitdaag. Wat hulle egter in die gesig staar is die mees bevryende ervaring wat n mens kan beleef.
As ons by n hospitaal inbars en op n dokter afkom wat gesteriliseer is vir n operasie, kan hy nie aan ons raak nie. Ons mag vlekloos voorkom, maar nie by die standaarde wat hy moet handhaaf nie.
So is ons in die teenwoordigheid van die heilige God. Ons mag miskien so goed wees soos die volgende persoon, maar teen die ontasbare volmaaktheid van God se standaarde is ons morele uitgevorpene. God moet sy afstand behou.
Dit blyk n oor-reaksie te wees. Om ons hele lewe lank deur onvolmaaktheid omring te wees het ons vermoëns om onsself objektief te sien verduister. Diep binne verdink ons die ergste, maar vlug daarvan soos mense wat kanker ondersoeke weier, alhoewel vroeë diagnose lewe bring nie die dood nie.
Om pragtig te word
As ons onsself hervorm en nooit weer n verkeerde gedagte het nie, sal dit nie help nie. As water besmet is, sal die byvoeg van suiwer water nie help nie dit bly vuil. Daar is korrupsie in ons verlede en ons kan die verlede nie verander nie. Die reg vereis dat die boete betaal moet word; of jy betaal, of iemand anders moet vir jou betaal.
Die ewige Seun van God, twee duisend jaar gelede, het sy hemelse regsbank verlaat en aarde toe gekom. Hy het die enigste mens geword wat n perfekte lewe gelei het. Dus, toe Christus vrywillig die pyn en skande van n krimineel se dood op Homself geneem het, het iets van ontsettende belang gebeur. Die onskuldige Seun van God het alle blaam vir jou sonde op homself geneem.
Geniet die uiterste liefdes verhouding
Christus se opoffering het n wetlikke manier uitgewerk waarvolgens enige een, alhoewel skuldig, skot-vry kan gaan. Maar dit maak nie vergifnis automaties nie. Jy moet die geskenk aanvaar. Dit vereis dat jy moet erken dat jy die geskenk nodig het dat slegs Jesus se opoffering jou van jou skuld kan bevry.
Wil jy nou bid en jou lewe aan God gee? Ja
Voel jy dat dit nog te vroeg is om jou lewe aan God oor te gee ? Indien wel, kan jy een van die volgende kies. Hulle is nog nie in Afrikaans vertaal nie, hulle is almal nog net in Engels beskikbaar:
Vir vele meer inspirerende, gevoelvolle, soms skreeusnaakse skrywes, vrylik op die internet beskikbaar by die volgende adres: www.net-burst.com Jy het vrylik ontvang,
gee vrylik.