God glimlag oor jou. Jy verhelder sy
gesig
Net soveel as wat enigeen al ooit 'n geliefde se gesig opgehelder
het.
Hierdie blad is ook beskikbaar in Engels (English), Spanish (Español), Portuguese, German, Danish, Frans (Français), en Bemba
Meeste van ons verbeel ons dat ons
in God se oë maar net een van die miljoene is.
Ons weet dat die meeste mense
dink ons is nie belangrik nie en daarom neem ons dus aan dat
God op dieselfde
manier aan ons dink. Maar, God is nie soos
'die meeste mense' nie. Ons voel dat God witbroodjies het en ons dink dat ons baie ver
onderaan die lys is. Maar
ons sal sien dat hierdie een manier is waar gevoelens
nie met die realiteit
ooreenstem nie. Vir God is jy spesiaal!
Vier redes waarom God niemand anders bo jou stel nie
1. God se Seun het sy laaste druppel bloed vir jou gestort!. God het jou met Sy hele hart lief. Hy het jou lief met elke spikkel van Sy Ontsaglike groot liefde. Dit beteken dat dit nie saak maak hoe lief hy ander het nie, Hy kan onmoontlik iemand anders meer liefhê as wat Hy jou liefhet nie.
'n Vrou het oor bogenoemde paragraaf geskryf:
Ek wou só graag sê, "God het my lief met sy hele hart? Komaan! Dit is 'n
wonder dat hy my enigsins liefhet! Grantley, jy oordryf te veel!" Maar die
Here het my met Joh. 17:23 stilgemaak:
Ek in hulle en U in my. Sodat hulle volkome een kan wees,
sodat die wêreld kan weet dat U my gestuur het en hulle liefhet net
soos U my liefhet.
Ek kan nie daarby verby kom nie; Ek
kan nie daaronder wegkruip, of oor dit klim nie. Al wat ek dus kan doen, is
om daardeur te gaan, dit te absorbeer en in te neem sover ek gaan. Christus
is in my - en God is net so lief vir my as wat Hy vir Christus is. Daar is
geen manier waarop God se liefde vir Christus halfhartig kan wees nie. Ek
het verlede nag - knus met daardie vers gaan slaap.
Daar word nêrens in die Skrif beloftes gemaak dat jy altyd geliefd sal voel nie, ook nie dat omstandighede dit altyd ooglopend sal maak dat jy geliefd is nie. God beloof eenvoudig dat Hy jou liefhet. Geen swaarkry of tragedie sal jou ooit van die liefde van God kan skei nie. (Romeine 8:35-39). 'n Prentjie wat jy nou sien bewys absoluut niks. Slegs die films van die ewigheid, kan werklik God se oneindige liefde vir jou weergee.
Hoe liewer jy vir iemand is, hoe belangriker is daardie persoon vir jou. Die feit dus dat God jou met Sy hele hart liefhet, beteken dat jy belangriker vir God is as wat jy jou ooit kon verbeel!
2. Voordat God ons vergewe het, was ons almal geestelik dood. Die Woord bevestig dat elke persoon op hierdie planeet dood was as gevolg van hulle sonde. Jy kan nie dooier kry as dood nie. God kan nie sê; Ek kies haar want sy is minder dood as hy nie!
Deur Christus word ons vergewe en wanneer God na 'n persoon wat vergifnis ontvang het kyk, kan hy geen sonde raaksien nie. Wanneer jy vergewe is, kan God geen mens op aarde vind wat méér as jy vergewe is nie.
Dus, sonder Christus, is almal ewe dood in sonde, en in Christus is ons ewe veel vergewe.
3. God is Almagtig. Dit beteken dat hy niemand meer nodig het as wat hy iemand anders het nie.
As God net jong mense, of sterk mense, of ryk mense, of beroemde mense, of geleerde mense kon gebruik, dan moes God darem so swak wees dat Hy menslike krag nodig het, so arm dat hy ons nodig het om vir Hom 'n paar sente te gee; so dwaas dat Hy menslike geleerdheid nodig het.
4. Die Here hou daarvan om klein en skynbaar onbelangrike dinge te gebruik. 1 Kor. 1:26 sê, 'Dink maar net broers, aan wat julle was toe julle geroep is. Volgens die opvatting van mense was daar nie baie geleerdes of invloedrykes of baie mense van aansien onder julle nie. En tog, wat vir die wêreld onsin is, het God uitgekies om die geleerdes te beskaam; en wat vir die wêreld sonder aansien is of betekenis is, ja wat niks is nie, het God uitgekies om wat iets is, tot niet te maak. Voor God het geen mens dus iets om op te roem nie.'
In die Bybel, lyk die boek Jona klein en nietig, onbelangrik. Dit is slegs 2-3 bladsye lank. Ek voel gereeld só; klein en onbelangrik. Ek het al so gereeld so nutteloos gevoel dat ek seker al sou selfmoord pleeg, as dit nie was dat ek God daarna in die oë sou moes kyk nie. Maar die Bybel sou baie armer wees sonder hierdie boek. Die Koninkryk van God sou ook baie armer sonder jou wees. In hierdie klein boekie sien ons hoe God 'n storm, 'n walvis, 'n hartelose, rebelse, buierige man; 'n plant én 'n wurm gebruik. Is jy met minder geseën as 'n wurm? Dan kan God magtige dinge deur jou doen. As God 'n storm, 'n plant, en 'n wurm kan gebruik, is Hy slim genoeg om jou te kan gebruik. God is so magtig dat Hy enigiets kan gebruik om Sy werk te doen.
Geen Christen is té oud, té arm, té ongeletterd, té dom, té siek, om merkwaardig deur God gebruik te kan word nie. Ons kan hierdie onderwerp nie nou hier in diepte ondersoek nie, maar vir slegs een aspek hiervan gaan loer gerus in by: Never too old for God
Glo jy dat daar niks is wat God nie kan doen nie? Glo jy dat God 'n persoon wat dood is weer lewendig kan maak? Glo jy dat God 'n dooie mens weer lewendig kan maak deur jou gebede? Hierdie woorde "deur jou gebede" beteken nie dat God nou skielik swak is nie. Glo jy dat God duisende siele kan red? Dan moet jy ook glo dat God duisende siele deur jou kan red!
God kan óf die onmoontlike deur jou doen, óf Hy is nie God nie.
Sê aanhoudend vir jouself, 'Daar is niks wat God nie deur my kan doen nie.'
Die hemel is in afwagting om te sien watter uitstaande dinge jy tot eer van
God gaan bereik.
Niemand is vir God belangriker as jy nie: Bewyse hiervan uit die Woord
In Galasiërs 2:6-9, praat Paulus van Petrus, Jakobus, en Johannes. As daar iemand was wat op 'n spesiale plek in God se hart kon aanspraak maak dan was dit hierdie drie manne. Toe Jesus op aarde was het dit gelyk asof hulle Sy intiemste vriende was. Later is hulle die steunpilare van die kerk genoem. Sonder pilare sou die hele gebou inmekaar val. Tog skryf Paulus van hulle: 'wat hulle vroeër was, maak nie vir my saak nie, God kyk nie na die uiterlike nie' Paulus het hier van Petrus gepraat, die man wat deur miljoene geëer is as die eerste pous. Selfs sy skaduwee het mense gesond gemaak. Paulus het gepraat van die leiers van die kerk, die heiligstes, toe hy deur God geïnspireer is om te skryf "wat hulle vroeër was, maak nie vir my saak nie, God kyk nie na die uiterlike nie. Sê vir jouself, 'Die Woord van God sê, ek is so belangrik vir God soos Petrus, Jakobus, en Johannes is.'
Op 'n dag het die dissipels vir Jesus vertel dat sy Moeder graag met Hom wil praat. Jesus het gesê: 'Wie is my Moeder? Enigeen wat die wil van God doen is my moeder.' (Lukas 8:20-21).
Dit beteken dat enigeen wat gehoorsaam aan God is, net soveel reg het om met Jesus te praat as wat Maria het. Enigeen wat God se wil uitvoer het dieselfde plek in Jesus se hart as wat sy eie Moeder het!
Terwyl Jesus op 'n tyd besig was om te preek, het 'n vrou uitgeroep en gesê: 'Geseënd is die vrou wat U in haar liggaam gedra het'. Maar in plaas daarvan om met haar saam te stem, het Jesus vir haar gesê: 'Nog meer bevoorreg is hulle wat die Woord van God hoor en dit onderhou.'(Lukas 11:27-28).
Jesus is net eenmaal gebore. Dus kon net een vrou die voorreg hê om aan die Messias geboorte te skenk. Dit was Maria se unieke seën. Maar geestelik het ons almal ewe veel seën ontvang. In Efesiërs 1:3, sê die Bybel dat elkeen van ons het elk 'n geestelike gawe ontvang. Hoe kan dit anders wees? As Christus gesterf het (dus sy àlles gegee het) vir sondaars, wat kan hy moontlik nou van hulle af terughou - noudat hulle gewas is, en God se kosbare kinders geword het? Soos die Skrif duidelik wys; omdat jy so kosbaar is vir God, dat Hy sy Enigste Seun vir jou gegee het, die duurste geskenk in die heelal is, daar kan niks wees wat Hy nie vir jou sal gee nie (Romeine 8:32, sien ook 1 Korintiërs 3:21-22).
Sê vir jouself, 'Ek het geestelik net soveel gawes ontvang as enigiend
anders.'
Jy het 'n spesiale plek in God se hart
Van die ouderdom van vier jaar af, was ek gek daaroor om my Oupa te help om sementpaadjies te lê. Omtrent enigiemand kon 'n beter werk daarvan maak as so 'n klein kindjie, maar dít was onbelangrik. Ek was onvervangbaar. Ek het 'n spesiale plek in Oupa se hart gehad.
En netso het jy 'n spesiale plek in God se hart. Vir hom is jy onvervangbaar. Die Almagtige het niemand se hulp nodig nie. Tog kan die Vader se vreugde nie volledig wees sonder jou bydrae nie.
My Oupa wou gehad het dat ek moes deel hê aan sy werk. Nie omdat hy my nodig gehad het nie, maar omdat ek vir hom spesiaal was. Net so wil God hê dat jy sal deel in Sy werk. Dink vir 'n minuut daaroor na! God se werk is die mees belangrike werk in die heelal. God het iets goddelik belangrik, iets van ewigheidswaarde, wat Hy wil hê jy Hom mee moet help. Wow! Jy is belangrik!
Vir God is jy spesiaal. Ek het altyd gedink, ja, ja, God is lief vir my, maar hy is tog lief vir almal. Vir Hom is ek maar een van miljoene Christene. God het sy oogappels en ek is nie een van hulle nie. Ek het gedink dit is vreeslik nederig van my om so te dink. Maar wat ek werklik besig was om te doen, was om God van onvolledige liefde te beskuldig!. Om die waarheid te sê, was ek besig om God 'n leuenaar te noem. God sê Hy is lief vir jou. Deur dus te glo dat jy onbelangrik vir God is, is om te glo dat God 'n leuenaar is. Daar is absoluut niks nederigs daaraan om God 'n leuenaar te noem nie. Dit is sonde.
God is die heel belangrikste persoon in die heelal. As jy dus vir Hom belangrik is, is jy belangrik. Daar is dus niks nederigs daaraan om vir God te vertel dat Hy verkeerd is nie. Hierdie is 'n ernstige saak.
Hoe durf ek na God toe gaan, wat Sy lewensbloed vir my gestort het, en vir Hom sê; 'ek is nie spesiaal vir U nie!' Durf ek na die kruis te gaan waar ek verdien om gehang te word, in my verlosser se bebloede gesig te kyk en Hom dan daarvan te beskuldig dat Hy ander liewer het as vir my? Wat verwag ek moet Hy nóg meer doen sodat ek die feit kan aanvaar dat ek vir hom spesiaal is. Ek moet so sleg oor hierdie sonde voel, asof ek skuldig is aan moord.
Daar word vertel dat 'n seerower 'n man vermoor het. Hy was so met afgryse vervul oor wat hy gedoen het, dat vir weke nie behoorlik kon slaap nie! Maar tog het hy aangehou moor. Hy het by die punt gekom waar hy 'n man sou vermoor, en dan die lyk daarna as 'n kussing sou gebruik, en heelnag verder rustig geslaap het. Ons is net so! Ons het die sonde van verkeerde denke nou al só gereeld gepleeg dat ons gewetes so hard soos klip geword het. Vir ander sondes mag ons gewetes nog steeds sag wees, maar wat die sonde van twyfel en klein dink aanbetref, het ons verhard.
Melaatses verloor vingers, tone, en soms selfs hul neuse. Daar is nog altyd
gereken dat dit deur die siekte veroorsaak is. Maar 'n briljante mediese
sendeling het die vermoede begin bevraagteken. Dr. Paul Brand het opgemerk dat
melaatses heel bed toe gegaan het, en dan sou wakker word sonder 'n vinger.
Niemand kon ooit 'n spoor van die vinger kry nie. Mettertyd het hy ontdek die
vingers deur rotte afgekou en weggedra is! Hoe op aarde kon dit gebeur? Die
melaatses het hulle gevoel verloor. En dit is ons probleem. Ons het 'n
gedeelte van ons gevoel in ons gewetes verloor. Dan kom die duiwel, daardie
vet rot, en begin aan ons kou, en in plaas daarvan om hom weg te jaag, besef
ons nie eers wat hy doen nie. Ons het God dringend nodig om ons gewetes weer
sensitief te maak.
Die kritieke punt
Nou kom ons by die heel belangrikste deel van hierdie boodskap. Hierdie boodskap kan jou vir 'n paar dae in vervoering bring, en dan verflou, en op die ou end niks bereik nie. Of dit kan die keerpunt in jou lewe beteken, wat van jou die kragtige werktuig in die Koninkryk van God sal maak, wat jy geskep is om te wees.
Dit is skrikwekkend om te dink hoeveel die wêreld mis wanneer enige Christen dink dat hy of sy nie vir God spesiaal is nie. Daar is geen Christen wat nie deur God gebruik kan word om duisende siele te red, indien God so sou besluit nie. Daar is geen Christen wat nie gebruik kan word om die menslike geskiedenis te verander nie. Maar terwyl ons bly vashou aan die 'klein dink' sal dit nie gebeur nie. Dit is geweldig ernstig, baie ernstiger as wat enige een van ons kan dink. Om onsself van hierdie sonde los te maak mag ons dalk baie kos, maar vir ons om vry van sonde te wees, het Christus baie meer gekos.
Vir ons om die sonde van klein dink op te gee is so moeilik as wat dit vir 'n alkolis is om drank permanent op te gee. Ons het 'n reuse wonderwerk in ons persoonlike lewens nodig. Dit begin deurdat ons moet erken dat ons verslaaf is aan die sonde om nie onsself, en ons moontlikhede te sien soos God dit sien nie. Ons moet dié sonde haat. Ons móét erken dat ons slawe van hierdie sonde is en dat die enigste manier wat ons daarvan bevry kan word deur 'n Goddelike wonderwerk kan geskied.
Ek stel die volgende gebed voor. Bid enige gedeelte waarvan jy voel jy mee kan saamstem.
Here, deur U genade, begin om my verstand en my gewete oop te maak vir die erns van my sonde. Ek het gesondig deur te dink dat u witbroodjies het. Ek het gesondig deur te dink dat ek nie vir U belangrik is nie. Ek het gesondig deur te dink U wil my nie gebruik om wonderlike dinge van ewigheidswaarde te doen vir U glorie nie. My verslawing aan klein dink het U seergemaak, en groot skade aangerig. Deur Christus se gestorte bloed, pleit ek vir U vergifnis. Ek vra U totale bevryding van my verslawing.
Ek verklaar nou dat U magtige dinge deur my wil doen. Ek weier om enige
mindere gedagte te verdra. Ek kyk na U vir goddelike krag om vir ewig hierdie
sondige gedagtes te oorwin. Here moenie my ooit weer hierdie sonde laat doen
sonder dat ek die gevoel van u ontevredenheid daaroor kry nie. Dit maak nie
saak wat dit my kos nie Here, wees U verheerlik in my lewe.
Onderhou die oorwinning
Vir baie jare is ek voortdurend in die versoeking om nutteloos te voel. Ek het 'n boek geskryf en al die redes gegee waar elkeen van ons groot dinge vir God kan bereik. Ek moet aanhou om hierdie boek elke dag te lees, week na week, jaar na jaar. Wanneer ek ookal vir 'n paar dae opgehou het om dit te lees, gly ek weer in 'n depressie in.
Ek maak dus geen verskoning dat jy dit nodig sal hê om aan hierdie waarhede in die boodskap vas te hou, en dit oor en oor sal moet lees vir maksimale voordeel nie. Dit is belangrike waarhede wat die duiwel met al sy mag sal probeer om ons van te laat vergeet. Ons moet daaraan vashou asof ons hele lewe daarvan afhang. In werklikheid kan dit belangriker wees as die lewe self. Ander mense se ewigheidsbestemming kan daarvan afhang of ons hierdie waarheid aangryp en leef. Die Here wil jou 'n kragtige invloed maak in die koninkryk van God
Jou nood is egter te kronies vir enige self help tegniek om jou te kan verlos van jou verslawing. Jy moet die Here daagliks vra om weer jou gewete sensitief te maak. Die Here se gebed -' gee ons vandag ons daaglikse brood en lei ons nie in die versoeking nie ' - bewys ons behoefte om daagliks ons noodsaaklike behoefte aan geestelike hulp om versoeking te oorwin. Daarsonder sal ons in 'n vals en gevaarlike misleiding ingetrek word, van dat ons afhanklikheid van God minder is as volkome, geheel en al! Daarom waarsku die skrif in 1 Kor.10:12: daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie. Jou geestelike Helper, die Heilige Gees, woon binne in jou, waar jy ookal gaan 24 uur per dag. Dit is ongelukkig tragies maklik om na ou gewoontes terug te gly en dit skaars agter te kom. Kyk elke dag na Hom om die klokke te laat lui sodra jy begin teruggly. Dán het jy Goddelike beskerming.
Negatiewe gedagtes sal steeds na vore kom, maar as dit eers ontbloot is, kan jy hulle afweer met dieselfde walging as wat jy vir 'n bloedsuiende luis sou gehad het. Die smerige indringers van die riole van die hel is nie deel van jou nie. Ons kan nie aan niks dink nie, en ons kan ook nie gelyktydig aan twee dinge dink nie, dus is die beste manier om ou negatiewe gedagtes stop te sit, die presiese teenoorgestelde gedagte, ideaal is 'n stelling wat jy weet waar is omdat dit in die Woord van God geskryf staan. Klou daaraan vas soos iemand wat nie kan swem nie, aan 'n lewenstou sou vasklou wanneer in stormagtige waters sou beland. Gee die duiwel 'n uitklophou deur elke keer wanneer die indringer te voorskyn kom, sy verskyning as 'n wagwoord te gebruik om jou gedagtes met lofprysing vir God te vul. Roem in die feit dat die waarheid (realiteit) die presiese teenoorgestelde is van die leuen wat probeer om jou in te dring. Dit skyn soos 'n vloedlig op lae lewe wat net in die duisternis kan oorleef. Weerstaan die duiwel en hy sal van julle af wegvlug sê Jakobus 4:7. Hy sal wel later weer probeer terugsluip, maar wanneer jy daagliks na die Here opkyk, sal jy in oorwinning lewe.
Bylaag: waarom die sonde van ongeloof so gewoontevormend is
Hierdie afdeling beskryf sommige van die redes waarom ek afhanklik geraak het aan verkeerde denke. Die rede vir jou eie afhanklikheid, sal nie noodwendig dieselfde as myne wees nie, maar dit is steeds van hulp om bedag op die gevare te wees.
Ek het myself met tye verlaat met die hoop dat, met wie ek ookal in gesprek was, my sou jammer kry en my ego 'n hupstoot sou gee. Ek was onbewus van hoe pateties sulke gedrag is - tot een dag. Ek het iemand ontmoet wat geweier het om my spel te speel. In plaas daarvan om my op te hemel, was al wat sy gedoen het om my te bestraf en te beskuldig van sonde deur so negatief oor myself te wees. Ek was ómtrent ontstig - todat ek myself meer gesien het soos wat ek is. Deur myself van ander mense se ophemeling afhanklik te maak, het ek myself vreeslik kwesbaar gemaak. Ek het van ander mense verwag om iets te doen wat my eie verantwoordelikheid was. Meer nog het my aksies bewys dat om deur mense geprys te word vir my meer beteken as die Goddelike goedkeuring wat ek reeds gehad het. En elke keer wat ek die vleiery gekry het waarna ek gesoek het, is ek beloon met die verlaging van my eie selfbeeld - verhoogde afhanklikheid.
As die sukses van om 'n doel te bereik soet is, is om aansienlik meer suksesvol te wees as wat ek kon droom, uitermatig heerlik. Die eenvoudigste manier om 'n herhaling van hierdie goeie gevoel te verseker is om myself te oortuig dat ek dit gaan sleg doen. Die lewenslustigheid wat ek ontvang wanneer ek my lae verwagtige te bowe kom, is 'n waardevolle beloning, as om 'n lae beskouing van my Godgegewe potensiaal te hê. Ek was besig om God te bedroef, om Sy naam te belaster, en die sonde van ongeloof te pleeg - opsetlik my geloof te verlaag, in die (soms onbewustelik) hoop om 'n verhoging te beleef.
Alhoewel ek geweet het dat geloof God behaag, het ek ook geweet dat om 'n geloofstap te neem, skrikaanjaend kan wees. Dis veel makliker om die lui, lafhartige weg te kies.
Om kwinkslae ten koste van myself te maak was 'n ander valstrik. Elke keer wanneer iemand sou lag, het ek my beloning gekry, maar elkeen van hierdie kwinkslae het negatiewe houdings net nog 'n bietjie dieper in my gedagtes in gebeitel. Ek is in my eie strik gevang.
Gewoontes het hul eie kortstondige plesiere. Maar op die ou end is dit 'n vloek wat ons terughou van die vol, opwindende en Goddelike lewe waarvoor ons geskep is. As ons egter daagliks na Jesus kyk sal die vloek verbreek word.
In my vrees dat ek iets van die betekenis van die oorspronklike Engelse stuk deur vertaling verlore kon laat gaan het, wil ek jou aanmoedig om die stuk in die oorspronklike Engels te lees.
Jy is geliefd! Ken God se liefde vir jou
Geniet Die Wil Van God Vir Jou
Vir vele meer inspirerende, gevoelvolle, soms skreeusnaakse skrywes,
deur Grantley Morris vrylik op die internet
beskikbaar by die volgende adres: www.net-burst.com Jy het vrylik ontvang,
gee vrylik.
Wil jy graag aan die outeur skryf? (Slegs Engels)
Hier is jou kans!
Click the icon, or E-mail by the method of your choice: special@net-burst.com
You are loved! Knowing God's love for
you
God as Mother and the Dadda you always needed Heart-warming insights for those who find it hard to relate to God as Father
You Can Find Love God, the Perfect Partner
you long for
God's Tender Love Touching insights into the love of God
Beating
Temptation and Satanic Attack
Handling Guilt The Most Tortured Conscience
Can Find Peace
Innocent! You are no longer the person
who sinned!
Kick Up Your Heels And Rejoice! Discovering
the ecstasy of a squeaky clean conscience
The shame of it all! When one's own stupidity
or inadequacy cuts like a knife
Recovery from sexual abuse Supernatural
Solutions
Unforgivable? When you fear you've committed the unpardonable
sin
When a Christian Commits Gross Sin
Soothing a troubled conscience
Mag nie verkoop word nie. © Copyright, 1997, 2002 Grantley
Morris. Mag nie gefotostateer word, as gedeelte of as geheel, sonder dat
hierdie volledige paragraaf daarby ingesluit is nie How to copy or print webpages
Enjoying God's love
Becoming a Winner
Free From Guilt
Change of pace
Exciting webpages by Grantley Morris on many other subjects